SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Sterfling

Cornelle Carstens

Knelter die duisternis,
trek uit op die songod se triomfwa -
vandag rol ons die son om die aarde

maar as godverdomde miskruiers
die leisels laat skiet,
stort kruiwaens kole kranse af -
en wêrelde loop wydoop,
verwater in die vuurdoop
van vonke.

Wie sal ons haal
by die hekke van Hades;
ons afspons met mirre en wyn?

Want as deurgangsrite
is dit gejuk staan
en die las van onhandigheid
gly-gly bult uit sleep.

Sal ons dan weet hoeveel maal
ons deur die uurglas glip –
as ons die jaarringe tel wat soos muf bekend
teen die perkament van ons huid
kom nestel?

Wie sal die reisjoernaal lees
ná ons die stewels bleek en uitgetrap
langs die koue herd opgehang het?

Bieg is ‘n klag wat koggel
totdat die sotheid van stem
in ‘n keelgraf
         stil word.

Ontheemde reisigers ken nét napad.



LitNet: 28 September 2005

  • Terug na SkryfNet VI
  • Lees Cornelle Carstens se eerste weergawe van hierdie gedig: "Sterfling"
  • Lees Cornelle Carstens se tweede weergawe van hierdie gedig: "Sterfling"

    Wil jy reageer op SkryfNet VI? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.