SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

wat doen ons aan mekaar?

Andries Samuel

ons plunder mekaar se harte
met venynig rooftogte ons binnelande in
gewelddadig gysel ons mekaar
ontwortel slaaf en banneling

ons verbar mekaar se siele
in wanhopige verweer
skroei ons kaal ons eie aarde
wyk ons vasberade aan alle fronte

ons skend die verdrae tussen ons
loods voorbehoedsaanvalle
steun magte van ontwrigting
oor ons grense heen

is ons waaragtig sulke vyande?
vasgevang in 'n stryd om ruimte en middele
nie genoeg vir ons al twee

en wat van daardie stamelende vlugteling
losgeprys en pal onthuts
in sonde gebaar - joune; myne?

kan globale betrekkinge werklik so reflekteer,
in die pendelpolitiek van die hart?

sal jy met my saamkom dan?
ek beplan 'n trip die duid'likheid in
ek wil ons weskuskalmeer
vars uitspan in die seelug,

maar ek weet: kom sal jy nie
ek sien myself jou deurklokkie lui
jou oë vir 'n oomblik helder,
maar ek voel jou gou veraf onpeilbaar

miskien sal ons op die vloer sit
jy binne teen die kosyn en ek buite die hek
naby genoeg om te vat, maar iets versper my
soos die traliehek tussen ons

ek het so baie om te verduidelik en te regverdig
maar my hart het net een ding om te sê:
so ek bly daarom eerder stil

eintlik kom ek nie eers naby jou deur nie
ek vrees jou afsydigheid meer as jou verwerping -
hierdie reis moet ek op my eie aanpak,

maar hoe wens ek nie dat jy met my kan saamkom
hoe klou ek aan jou vas teen myself se spyt



LitNet: 03 Mei 2005

  • Terug na SkryfNet VI
  • Lees Andries Samuel se eerste gedig: "adrenalien onderbewussein"

    Wil jy reageer op SkryfNet VI? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.