SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    27 November 2002

    OM TE GLO IS ONEERLIK ...

    Ek skryf in reaksie op “Dis beter om te glo as om nie te glo nie” deur Paul op 14 November 2002.

    Blaise Pascal (1623 — 1662) het ’n soortgelyke stelling geformuleer wat min of meer as volg lees:

    “God can’t be proved. But if God exists, the believer gains everything (heaven) and the unbeliever loses everything (hell). If God doesn’t exist, the believer loses nothing and the unbeliever gains nothing. There is therefore everything to gain and nothing to lose by believing in God.”

    Bogenoemde “Pascal’s wager” word meer deeglik bespreek by:

    1) http://www.abarnett.demon.co.uk/atheism/wager.html
    2) http://www.ffrf.org/lfif/refute.html (scroll af)
    3) http://www.infidels.org/news/atheism/arguments.html#pascal

    Opsommend is daar ’n paar ooglopende probleme met “Pascal’s wager”. Eerstens, gestel dit is wel waar dat ’n almagtigegod bestaan, watter een sou dit nou eintlik wees? Allah? Zeus? Osiris? Krishna? Daar is oor die 5 000 gode om van te kies. Deur “Pascal’s wager” te volg, verbeter ’n mens dus nie juis jou kanse noemenswaardig om die sogenaamde ewige lewe te verwerf nie.

    Tweedens, al sou ’n almagtige god wel bestaan en ’n mens kies toevallig die regte een, wat onwaarskynlik is, is dit hoogs te betwyfel of so ’n alwetende wese vreeslik ingenome sal wees met iemand wat bloot as gevolg van “Pascal’s wager” in haar glo. (Hell hath no fury...)

    Natuurlik dui die voorwendsel om doelbewus en berekend ’n waarskynlike onwaarheid te glo uitsluitlik vir die geringe kans op eie gewin, op ’n inherent oneerlike persoonlikheid. “Pascal’s wager” lyk miskien van buite na ’n slim “trick” om jou basvelle te red, maar dit is eintlik van binne af verrot.

    So Paul, nee, dis nie sommer net “beter om te glo as om nie te glo nie”.

    Vervolgens dan ’n paar verdere nederige opinies:

    Die mens is basies nes enige ander soogdier. Die bloudruk van ons embrio’s is feitlik identies. Ons word gebore. Ons leef. En ons sterf. En dis dit. Tussendeur eet ons en plant voort. Dit geld vir my. Dit geld vir jou. Dit geld vir die pous. Dit geld ook vir Wagter die wonderhond en Daisy de melkkoei. Dit geld vir goeie mense. Dit geld vir slegte mense. Dit geld vir Hitler. Dit geld vir Boeddha. Dit geld vir Jesus. En dit geld ook vir Ralph Rabie. Dit is nie regverdig nie. Dis ook nie onregverdig nie. Dit is net hoe dit is. As jy ’n mier dooddruk, dan gaan hy nie skielik na ’n miertjiehemel toe nie. Ditto vir ons.

    Die mens se brein het oor miljoene jare danksy evolusie so vergroot en ontwikkel dat ons geleidelik die kapasiteit vir oa taalvaardigheid en selfbewussyn verkry het. (Gaan kyk na die fossielerekord en leen ’n kopie van Tobias’s bodies.) Maar saam met hierdie selfbewussyn het daar nie skielik uit die bloute ’n hokus pokus ewigdurende siel te voorskyn ge-poof! nie.

    Selfbewussyn het wel dié newe-effek dat dit die mens intens van sy eie sterflikheid bewus maak. En dit het weer tot gevolg dat mense allerhande gelowe met allerlei verskillende “afterlife scenarios” bedink om die dood te probeer fnuik. Geloof is in die eerste plek ’n “coping” meganisme om ons sterflikheid te probeer verwerk. En verreweg die meeste mense wend hulle gerieflikheidshalwe bloot tot dieselfde “coping” meganisme as dié van hulle ouers.

    Ek wil aanvoer dat dit ’n veel gesonder benadering is om die realiteit van ons sterflikheid tromp-op te aanvaar en daarby aan te pas, eerder as dat ons vir ewig by “denial” bly vashaak.

    Natuurlik moet die klipperige emosionele pad van woede, ontnugtering, verlies, hartseer en rou eers geloop word voordat ’n mens uiteindelik by die aanvaarding (van geen god) kan uitkom. En dit is nie altyd ’n maklike pad nie. (Ekself koester nog bittersoet herinneringe van my eertydse “make-believe” vriend, Liewe Jesus.) Maar dit is ’n noodsaaklike pad wat ons almal sal moet loop as ons ooit die sotlikhede en dreigende gevare van die Osama’s en Bush’e van vandag en in die toekoms die hoof wil bied.

    Om soos Paul in sy skrywe te beweer dat die afwesigheid van ’n hoofletter “Hom” noodwendig tot chaos en die uitbuiting van “swakkes” deur “sterkes” sal lei, is uiters naïef en ongegrond. Die mensdom het lank reeds meganismes soos regerings-, parlementêre- en regstelsels geskep wat die individu genoegsaam teen vergrype kan beskerm en dit tans ook doen. God of geen god. Natuurlik is hierdie stelsels nie volmaak nie, maar hulle dien hulle doel, of ’n mens nou in god1, god2, god3, god4, ... , god123, ... , of god4999 glo of nie glo nie.

    Laastens wil ek darem byvoeg dat ek heelhartig Paul se bewondering vir die grootsheid en skoonheid van die natuur en die heelal deel. Maar so ’n bewondering regverdig nie skielik die bestaan van ’n hoofletter “Hy” nie. Ook nie ’n hoofletter “Ek” nie (die implisiete uitvloeisel van eersgenoemde — dink maar daaroor).

    So ’n godsoptowering sonder enige substansie of bewys is doodgewoon intellektueel oneerlik, al bied dit aan sommiges emosionele vertroosting.

    Ek wil dus sterk van Paul verskil wanneer hy die “enigste oorblywende alternatief” (van geen god) as “skrikwekkend” beskryf. ’n Lewe sonder bygeloof is allermins tragies, nihilisties, of futiel. Inteendeel. So ’n lewensbeskouing maak ’n mens eerder meer intens bewus van die kosbaarheid van lewe. Alle lewe. En van die gemeenskaplike humaniteit wat ons met mekaar deel. So ’n lewensbeskouing daag ’n mens uit om voluit en vreesloos te leef, te ervaar, en lief te hê.

    Daar is per slot van sake nie ’n paai in die skaai hiernanogmaals waar ons eendag al die tyd in die wêreld sal hê om alles te doen waarvoor ons in die hier en nou doodgewoon te lui was of nie by uitgekom het nie.

    Vriendelike ateïstiese groete.

    Godzilla

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.