16 November 2002
OOR AL DIE LAND SE TALE ...
Ek is net n doodgewone mens, met geen literêre roem nie. Ek is sat van hierdie sogenaamde kundiges wat stront in my keel probeer afdruk.
Ek leef ook in die land (soos hulle), en sukkel (ook) om my taal te kan praat wanneer en hoe ek wil. Maar ek het nou tot die slotsom gekom dat as Nescafé vir my moet sê (in al 11 amptelike tale) hoeveel koppies koffie ek uit die bottel kan kry, die bottel dônners groot moet wees, en voorts sal ek n kakhuis moet betaal vir al daai drukwerk.
Nou pas my taal in by my lewe, soos as ek met my vrinne chat, of as ek my boekkeuses maak. En die res van die tyd probeer ek soos n beskaafde mens die ander rondom my te respekteer.
Dus, ek gooi nie tantrums as die dik
tannie nie my taal kan praat in die kêffie nie, en as die boekwinkel om die draai nie my tipe literatuur aanhou nie (wel, CNA het die shop om die hoek van my gesluit), dan ry ek na die volgende ene (nou moet ek anyway).
Dit is al wat ek nou wil sê.
Dankie,
Viswyf
terug