14 November 2002
RUS SAG, JOHANNES ...
Ek het in die opwindende en anargistiese dae van die Gereformeerde Blues Band (GBB) die voorreg gehad om Johannes Kerkorrel en van die ander lede van die GBB op ons plaas Alexandria, by Badplaas te ontmoet toe broer Dirk hulle soontoe geneem het om midde die besige toerskedule bietjie te chill.
My herinnering aan Hanepoot van Tonder, wat op die veldpaadjie met gepunte dwergieskoene aan die voete al tokkelend op die kitaar en Johannes, agter hom met die tamboeryn in die hand aan die neurie en al singende, sal my altyd bybly.
By die poele in die spruit in die kloof is daar verpoos en het die makeshift band impromptu gesing en geharmoniseer en was
Johannes se ongelooflike talent n fees om te beleef.
Die gemurmel van die stroom en die sakkende son was al die props wat nodig was om die verhoog af te rond.
Rus sag Johannes.
Koos Uys
terug