13 November 2002
DAE BY DIE BURGER SAAM MET KERKORREL ...
Ons was in 1984 saam in Die Burger se nagkantoor. Dis n plek van stilte en baie druk met spertye kort op mekaar. Maar ons is baie bewus van mekaar, want ons werk wanneer ons vriende en familie slaap.
Grietjie sê: Kyk, Ralph sit en werk altyd soos n baba met n wind. Dis omdat hy selde opgekyk het van sy rekenaar en heeltyd terwyl hy gewerk het, so n halwe glimlag om sy mond gehad het.
Heeltemal verlore in n ander wêreld. Watter wêreld het ons nie geweet nie, tot Mariana op n dag sê: Weet julle hoe mooi kan Ralph sing? Hy sing die mooiste goed. Nee, Ralph? Nuus vir ons! And the rest, as they say...
Ralph, my hart is seer dat jy so gewelddadig dood is. Mag jou siel rus kry.
Ns: My kinders, lede van n nuwe geslag funky Afrikaners, dink jou musiek is cool.
Elna van der Merwe
terug