4 November 2002
REAKSIE OP BRIEWE (EN EK MIS VIR ANTON GOOSEN) ...
Ben,
3500 eksemplare van Valkuns loop daar buite rond. Bogemiddeld hoog, vra vir tannie Joan. Da gat jou teorie, maar wonderlik om van jou te hoor.
Sony
Jys reg. Hy sê eks gemors en ek sê hys n doos. Wats die probleem en waars die vuiste, broer?
Zimmerman
Dankie. Hoekom is dit so moeilik vir ander om net dit in te sien?
Willie Nelson
Die rockers lag allermins vir Neil Diamond. Op die Neil Diamond Songbook CD sing Deep Purple, Hot Chocolate, The Monkees en Cher lekker opgejamde Diamond songs.
Nee, dis net in die Afrikaanse mark waar die arm rockers hoop Marshall amps bring selektiewe saligheid in die hiernamaals en dat ek, Neil of Kurt Darren nie uitgenooi is nie. Nee, eendag sal jy ook lief genoeg wees vir musiek om nie te wil onderskei tussen Morningside en jou eie goddellike binneoor frekwensies nie.
Lekker, maar eks niks wyser nie.
Ek mis vir Anton.
Steve Hofmeyr
terug