22 Oktober 2002
CALVINISTIESE KAKPRAATJIES ...
Dit is presies wat onse Chris hier pleeg in sy skrywetjie waar hy Piet Pompies as leuenaar probeer afmaak!
Ek meen jy stippel dit alles baie mooi uit, hoedat die liewe en genadiglike Calvyn die leidende — of is dit nou lydende — rol gespeel het om die arme vent wie se opinie hom nie aangestaan het nie, tot die dood te laat beoordeel, en dan heel genadiglik te pleit dat hy slegs met ’n swaard moet vermoor word!
My, my... geen wonder Christene tree so fucked-up op dat jy met hulle kan
toor nie. Maak dit werklik ’n verskil HOE jy iemand vermoor... is dit versagtend?
Klink nes daai George Bush wat ’n hele string doodsvonnisse geteken het gedurende sy goeweneurskap van Texas sonder om ooit ’n fout te gemaak het — en dit terwyl ander state in die VSA duidelik bewys het dat ten minste die helfte van hul ter dood veroordeeldes foutief was... mmm... makes you wonder.
Aangemoedig deur sy goddelike — lees geklike — insigte, speel
Georgie nou wêreldwyd met sy Bybelse filosofie van naasteliefde, hard en
duidelik vir die gelowiges om te sien...
Kan Christene maar nie net aanvaar dat alles wat hulle aan vasklou
’n lugspieëling is nie en dat die hele kaboedel ’n pot twak is wat gebrou
was deur versteurdes nie?
Dit is die ENIGSTE waarheid wat in my opinie hoegenaamd verbonde is aan die Christendom...
Francois Williams
Brief versag Erns
terug