4 September 2002
AL WEER DIE KULSTENAARS EN HUL STREKE ...
Daar was Saterdag by Carnival City ’n Afrikaanse “musiekfees”. Volgens die klankman het net 3 (drie) van die “kunstenaars”: Rina Hugo, Cutt Glass, en ’n nuweling, werklik gesing. Met ander woorde, hulle het met hul backtracks gesing.
Die res, onder andere Patricia Lewis, Robbie Clay, DJ die Verspotte DJ, Jurie Els, Casper de Vries (een of ander nar), et al, het voor vierduisend mense (tande opsioneel) gedubbel track het. Dit is die nuwe term vir front track singing, maw waar die CD bloot gespeel word en die mimiekkulstenaar dan saam met die CD sing of maak of hul sing...
Dit is skrikwekkend en verteenwoordigend van die insinking in ons Afrikaanse kultuur waar ons vandag skaamteloos met tande in die kultuurglasie langs die bedkassie ons Helen Steiner Rice lees, en lag elke keer as ’n komediant die woord “poes” sê. Quo Vadis?
Ons as Afrikanersnasie het ’n voorbeeld van middelmatigheid geword: in so ’n mate dat diegene van ons met ’n IK bo 70 self, skaam voel om met die meerderheid geassosieer te word.
Die “Voorblad” van die Afrikaner, het nog nooit uitgestyg bo die putonderwater nie. Ons is letterlik net goed vir bokkenaai, boks en Jurie Els.
Ek is skaam om ’n Afrikaner te wees.
Klankman
terug