22 Augustus 2002
OOR KOOS SE NUWE CD (VIR HEINRICH LOUW) ...
’n Interessante mening van jou kant af. Ek glo nie dis net jy nie, want daar is duisende ander mense wat gewoond is aan Koos se ou styl. Die rede dat ek sy CD so nice vind is:
1) Seker die feit dat ek self ook so hier en daar dig (of dit nou goed of sleg is, maak nie saak nie).
2) Ek ken baie van sy agtergrond, want ek lees altyd sy rubrieke en het reeds al sy boeke gelees.
Ek dink tog dat Koos wel baie verander het in die laaste paar jaar, en dat hy ’n goeie punt maak in sy lirieke, bv in “My Apologie”.
Maar wat, mense se menings en smaak verskil. Kan jy dink hoe boring sou die wêreld gewees het as ons almal altyd saamgestem het oor alles?
Tot ’n volgende keer.
John Deer
terug