SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    7 Augustus 2002

    LAASTENS, VADER ANTON, SY UIL EN SY KROON ...

    Anton,

    Die briewe is gepos. Ons laat dit aan die lesers om te besluit of die vrae geantwoord is. Beroep jou maar gerus op Monty Python, ons volwassenes sal ons eie frontale lobbe gebruik vir redenasies en evaluerings. Jou antwoord is hardly ’n filosofiese tesis, anders sou jy weet dat jou kritiek altyd op jou eie skrywe gevel kan word (en jy dit miskien sou vermy het).

    Ek’s tevrede om te gaan rus met die voordeel van ’n (ondertekende) wetgewing wat steeds my keuses van formaat onderskryf.

    Ek verbeel my ek lees jou agenda, metodiek en gesindheid al hoe meer raak, letterlik, wat net sal klink soos ’n kompliment as jy nie weet dat my persoonlike bibliografie soms stokou materiaal verteenwoordig nie. Christopher Hitchens se Letters to a young contrarian herinner aan Rilke s’n. Wallace Fowlie leer sy studente van Rimbaud met Jim Morrison as studiegids, beide séductuers van ’n jeug vatbaar vir rebelse idees.

    Toe Theodore Roszack sy politieke eweknieë “counterculture” doop, was dit bloot ’n nuwe naam vir ’n ou, natuurlike dispensasie (nie noodwendig regressief nie, ek smaak my anti’s en sosio-politieke muiters), met ’n tweeledige motivering. Die een was ’n gesonde dog kritiese refleksie op die status quo en die ander, soos Roszack se model, ’n fanatiese drang na onverganklikheid in ’n solipsistiese bloudruk vir die nuwe toekoms wat onder alle omstandighede tog net die Western Capitalist Society moes vervang.

    Om verskeie redes het hierdie splintergroepe nooit gebly nie, soms omdat die tydgees hulle modelle ingehaal het (dws hulle speelgoed uit die prêm gegooi het) of soms omdat fragmentasie die prys is vir te veel messiasse op ’n gegewe (…kruis, as jy wil). Die idee transformeer later weg van verfrissende revolusionêre inbors na kinderagtige rebelse kinkhoes, die bearbeiding van antagonisme om sy eie ontwil. Dws, temas begin ontbreek, al dan temas beskik deur ’n meriete mentaliteit eerder as outokratiese een.

    Sartre se rebel lyk darem so anders as sy revolusionêr. Die een het ’n geheime bewondering vir die status quo omdat hy sy definisie daarsonder eintlik kwyt is, soos in die teologiese parallel waar die duiwel belangriker word in ons moraliteitsblyspel omdat ons sonder hom klaarblyklik ook nie ’n God nodig het nie.

    Hy’s ’n effe patetiese figuur (Raskolnikov is ’n donners irriterende pushover) wat beter vaar as prosafiguur as geskiedenismaker, moontlik oor ’n volgehoue oorbewustheid van sy aksies en die verwagtinge wat hy vir homself skep deur die geromantiseerde op die realistiese af te dwing.

    Die sisteem, indien dit nié verander nie, pas hom eintlik, omdat dit sy enigste waarborg is dat hy as rebel geprys sal word (na ’n gesprek met Michael Hutchens, voormalige hoofsanger van INXS, vind ek meer selfmoordsaadjies in hierdie teorie as die magdom ander verskonings wat ons gebied word). Wat as die kêfbrak sy lorrie vang, of die rebel skielik sy sin kry? Wat as die alternatiewe musikant skielik begin verkoop? Wat as jy, Anton, jou sin kry met die hele nasie wat môre-oggend wakker word, al hulle Skarumba CD’s verbrand en jou die Suid-Afrikaanse popkoning maak met ’n string platinum CD’s en ’n toerbus? ’n Ware rebel sal skielik wegraak (en moontlik begin spaar). ’n Revolusionêr sal elke noot gebruik vir kakpapier.

    Hoekom weet ek jy dra nie die laasgenoemde kroon nie? Omdat jy maande lank steeds dikbek karring oor een of ander R100-00 wat kykNET jou skuld as gevolg van JOU droewige wiskunde en oppervlakkige etiek.

    Dit is vir my, ten spyte van Einstein, goed om nie neutraal te bly in argumente nie. Dante het ’n spesiale plekkie oopgeskryf vir draadsitters in sy Inferno. En ons gesprek is deurtrek met die morele krisis waarvan hy praat, en wil hê ander moet opinies oor hê.

    In my inferno is daar ’n spesiale plekke oopgekrap vir die wat wel stelling inneem met opinies uit sy eie klerekas (wat okay is) maar eenvoudige rasionele reëls verontagsaam met die stroop smeer om die oopmondjies van die idiote van sy kraal. Derhalwe het die skild van ootmoed êrens in die slag gebly. Jy sal ook sien dat ek jou van nou af nie meer van diskriminasie blameer nie, omdat diskriminasie in my boeke darem ’n fakulteit is wat jy nié kan besit as jy reeds die oordeel gevel het dat daar net een groep of orde bestaansreg het. Rassiste sukkel ook hiermee.

    Nee, jy diskrimineer nie, want jy kan nie meer nie. Jy mag ook nie meer nie, want wie gaan jou Frankenstein voer? In The Fountainhead se Ruark/Keating konflik is dit dieselfde angry young man wat vandag nog geromantiseer en geïdealiseer word, die insubordinate een met die “frayed cuffs, [of his] shoes, [of] the patch on the knee of his trousers” met $14,57 oor in sy sak, wat in 60 verdieping wolkekrabbers weier om te swig voor die burokrasie en konvensionele argitektuur se “you can join them or you can fight them.” Dis pragtig. Maar dis prosa.

    Die buitestander begin sy rit met ’n innerlike spanning. Die innerlike exile manifesteer na buite as ’n sosiale nomade, soms ook geografies. Party geskiedenismakers pas daardie energie, wat ’n geweldige momentum kan toon, hulle lewe lank toe, ook op die veranderende omstandighede. Ek dink aan Bertrand Russell. Vir ander word hierdie energie negatief, wat Colin Wilson ’n “Pascalian world-contempt” genoem het (Wilson self was ’n teiken van hierdie negatiewe energie).

    Hierdie negatiewe energie is ook meer as gereeld verantwoordelik vir die disharmonie (of incoherency) binne hierdie bewegings, wat op hul beurt verantwoordelik is vir presies dit waarteen hulle by die aanvang gestoei het — verganklikheid en verdeeldheid.

    Hierna word selfs die inhoud van debatte obsoleet en die enigste en beslissende onderskeid tussen almal se ideologieë kom staan by my (en Thomas Paine se sentimente oor slawerny se) laaste vraag: is die uitdeel van regte ’n probleem vir alle wit Afrikaner mans bo 50, of is dit net jy?

    ’n (Jou) historiese bydrae en blywende invloed sal eers gemeet kan word as hierdie era verby is en ander na ons, meer objektief oor ons kan reflekteer.

    Ek meld nie bogenoemde aan vir niks nie. Ek probeer uitwys hoe ver jy die bal misslaan as jy nou al wil voorspel watter impak jy sal maak op ons en die Afrikaanse publiek (en dit met jou splitsing en spalking van ’n industrie wat eintlik moet saam staan). Hegel het met jou gepraat toe hy gemeen het dat die uil van Minerva sal vlieg wanneer sy moet. Jou premature, verpligte opkommandering van ondersteuning, range en genres, herinner aan die ou SA en SAW (om myself te herhaal).

    Ek dink my posisie is ou nuus vir jou. Daarom nog meer tragies dat jy jouself nie kan help om in ander arenas te staan en pis nie. Jou haat is nogal aansteeklik. Maandag (4 Aug) plaas die “kinders” van JIP weer ’n brief oor hoe aaklig Jurie Els is, in plaas van om bloot te konsentreer op briewe oor hoe cool meer kontemporêre musiek is. Mens wonder wie het hulle so bitter gemaak vir iets so onskuldig soos note en frekwensies. Baie van ons probeer ons jeug anders wysmaak oor wêrelde met plek vir elkeen. Dis nie maklik terwyl gal uit die oude doos se gevleuelde neusgate ’n atmosfeer skep en onderhou vir konflik, wraak en bitterheid nie.

    Daar’s baie goeie liedjieskrywers in Suid-Afrika maar helde, ware helde, word bejeën vir meer. As ’n dissipel van jou tunes, bied jy my ongelukkig niks meer nie.

    Jy’s reg. Dit was lekker.

    Maar sorry. Ek’s afgespeen.

    Steve Hofmeyr

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.