SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    21 Julie 2002

    $TEVIE-$KOEN ...

    Oor die berig in Business Day, 28 Aug 2001 — “Topping the list of SA’s best selling artists is Afrikaans singer Bles Bridges...”

    Genugtig $tevie, maar jy trap, slaan (en $kop) ook oral waar jy nie moet nie. Volgens jou is iemand wat hierdie berig glo, skynbaar ’n “idioot”.

    Ek sou eerder sê dis andersom.

    Wat is jou mission met die Bles-ouk? Los hom nou — die pret is verby.)Terloops, wie was die bron in die MUSIEK-INDUSTRIE nou weer of kom die feite uit ’n ou Bles-persuitreiking (wonder die ingeligtes tersluiks, terwyl hul in die mou giggel — ewe soos die scene in Monty Pyhton se Life of Brian. “Incontinentia buckets.” Giggel giggel giggel.)

    Die gedeelte van ’n sin in ’n gedeelte van ’n berig soos deur jou (gedeeltelik aangehaal), is baie grappig natuurlik.

    Behalwe dat Lucky Dube, Ladysmith Black Mambazo, en Brenda Fassie seker nie so dink nie. En Gé Korsten seker ook nie (al kon hy).

    Die korrekte feite tov die Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die meeste albums verkoop het, is:

    1. Lucky Dube
    2. Brenda Fassie
    3. Soul Brothers
    4. Ladysmith Black Mambazo
    5 Gé Korsten
    6. Bles Bridges

    (Jy bedinges jou seker al oor die Wrinkler-kêrel wat soveel meer $ maak as jy. PER UUR nogal!)

    Kom ons loer net gou weer in die argief na ’n ander aanhaling in Die Burger tydens die KKNK: “Ticket sales is met 60% op” sê Stevie se manager, mnr Louis ($ic) van Wyk. (Na aanleiding van jou aanranding op ’n joernalis.)

    Wat die berig byvoorbeeld nie noem nie, is dat die ticket sales voor die aanranding overgeset synde 60% af was. Dmv ’n aanranding op ’n joernalis het julle dus die Mammon-standbeeld afgestof.

    Het jy ’n joernalis onskuldig aangerand om jou sale weer vol te kry? Om ’n rugklap van die “gawies” te kry?

    Jy behoort jou te skaam.

    En dit verklaar ook hoekom jy so geweldig reageer het op die “backtrax/front trax-issue”.

    Om van oorreageer nie eens te praat nie! “The lady protests too much.” Jissus, maar jy’s benoud.

    En dan gebruik jy hierdie argument (en ander minder kwasi-argumente) vir publisiteit. Die pop-idol. Of werk jy in opdrag van Music Profile? Ek sien dat hulle hele empire op backtrax gebou is.

    Die organisasie wat die wetgewing gaan verander sodat dit regverdiger kan wees en sodat front trax as fraud behandel gaan word, stel nie belang in jou prokureur se opinie nie. Hulle het ’n hele spannetjie van die goed en het hul reeds goed vergewis van die huidige toestand aan beide kante van die saak. Die kwessie is veel eerder hoe dit BEHOORT te wees as hoe dit tans is. Die toekoms is waarmee daar nou besig is...

    Geniet Ukkasie. Jy skuif seker al skoene nader.

    O ja, moenie vergeet om jou backtrax in te pak nie! Ten minste gaan jy nie in die sin van musiek-instrumente vir oorgewig hoef te betaal op die lughawe nie.

    Lekker mime! Gaan wys daai souties soos Spice Beckham en die Backstreet Boys ’n ding of twee van hul “kuns”-genre.

    Toe ek en die band nou die dag Londen toe is, het die mense op die lughawe hul geskeur vir my vanity case, want hy is al ’n dekade of twee met my vir die doel van ghitaarkabels, snare en sulke goed, maar almal het van my skoene gehou... “Nice skoene Anton, maar daai vanity case!”

    Wat het hul vir jou gesê?

    En as jou nou regtig iets vir die kultuur wil bydra, gaan haal die diamant en bring hom terug.

    Ek het ook so bietjie na jul webbladsy gaan loer. Ek sien dat jy 260 shows in ’n jaar gedoen het. Hoe hou die stem dit $tevie, hoe hou die $tem dit?

    En moenie vergeet van die bier oppie rivier nie.

    Tony G

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.