21 Junie 2002
ELVIS IS WEER IN DIE GEBOU ...
Dit het met groot vreugde onder my aandag gekom dat Elvis weer ’n Nr 1 op die Britse trefferslys het. Die liedjie “A Little Less Conversation” wat uit 1968 dateer, is deur ’n Nederlandse platejoggie hermeng en heruitgereik, nadat dit gebruik is in ’n advertensie wat tydens die Wêreldbeker sokker uitgesaai is.
En dit nogal 25 jaar nadat hy die gebou verlaat het! Elvis hou ook nou
weer die rekord vir die meeste Nr 1’s, nadat hy en die Beatles vir baie jare gelykop was met sewentien Nr 1’s elk.
My gunsteling Elvis-kerk is Eerwaarde Mort se First Presleytarian
Church of Elvis the Divine, maar dit lyk my hulle webwerf bestaan nie meer nie. Besoek gerus die werf van The First Church of Jesus Christ, Elvis by:
http://jubal.westnet.com/hyperdiscordia/sacred_heart_elvis.html
Daar is mooi prentjies en dinge, maar wat my effens ongemaklik laat
voel, is die sinkretisme met Katolieke dogma. Tog is daar mooi gedeeltes in
hulle heilige geskrifte, soos die volgende:
“And I turned to see the voice that spake with me. And being turned, I saw seven golden records; and in the midst of the seven golden records one like unto the Son of Zeke, clothed with a jumpsuit down to the foot, and
girthed... er... girt about the paunch with rhinestones. His hairs were
black like vinyl, as black as Brilcream; and his eyes, how they twinkled, his
dimples, how merry...
Who is this King of Rock ’n Roll? The Lord of Hostess, he is the King of Rock ’n Roll. Shaboom. And Elvis so loved the world that
he died, fat and bloated, in a bathroom. He very pointedly did not rise
from the dead three days later, but was nonetheless seen across the world by various and sundry housewives.”
Ek stem natuurlik nie daarmee saam dat hy dood is nie. Dis sommer pure
bog, indien nie kettery nie. Soos Eerwaarde Mort glo ek dat hy homself net
vir ’n tyd lank onttrek het. Die Koning leef!
Groete,
Piet Pompies
terug