SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    16 Junie 2002

    MOENIE ZOID-GENERASIE MET BAGGAGE OPSAAL NIE ...

    Ek stem heeltemal saam met jou, Amanda. Ek dink ook dis verskriklik stompsinnig om Karen Zoid op te saal met ’n hele nuwe generasie se baggage. Sy is ’n deel van daardie nuwe generasie, maar beslis nie noodwendig verteenwoordigend van almal nie.

    Die media deel te gerieflik etikette uit: Karen is deel van die nuwe golf in Afrikaanse musiek, en sy behoort so vry as moontlik gelaat te word om te doen wat sy wil, en op enige manier wat sy verkies. Die prophet-of-a-generation jas is ’n moerse heavy innuendo om vir iemand aan te trek, dit sal haar net later opsaal met gewaande verantwoordelikhede teenoor daardie generasie en haar sodoende afrem en deprimeer.

    Gee haar vlerke, los haar om kitare te verbrand as sy dit wil doen, dis heeltemal aanskoulik genoeg en boonop entertaining. Dis tienduisend keer meer heroïes as necklaces in hierdie tyd waarin ons nou leef — om dit te vergelyk met destyds se necklaces in die townships (om te bewys wie is die ernstigste oor verset) is horribaal.

    Clinton, jy skryf stunning gedigte, hou so vol: help om eerder nog potlode, boeke, kitare en saksofone uit te deel aan die nuwe generasie oor alle kleurgrense heen, laat hulle die nuwe vryheid vir ons oopskryf, oopsing en oopspeel. Die necklaces was onder die ergste vergrype van die struggle, oer-onnosel, en veral oer-onnosel was diegene wat toegekyk het en dit toegelaat het.

    Net so onnosel soos die stelling No education before liberation. Vandag betaal ons nog die prys daarvoor: jy moenie eers probeer om dit goed te praat nie, dit ruik na blinde onkunde. Ek is seker Karen wil nie haar naam gekoppel hê aan ’n hele generasie nie, waarom moet sy die prys betaal omdat ’n joernalis te lui is om ’n gepaste metafoor uit te dink?

    Dis sommer pure laksheid, en bloot die media se manier om te probeer cope met iets wat vir hulle vreemd dog fassinerend voorkom. En miskien is dit bloot net die koeke se manier om haar impak live te verwerk, gesien hulle agtergrond van repressie: Karen verdien ’n bietjie meer ruimte — en eerder vir haar musiek as vir daardie gerieflike generasie-etiket.

    En ja, Amanda, my bokkie, jy het nog altyd briljante momente gehad waarin jy ’n ware diva was. Moenie jouself te veel blootstel aan die anonieme wolwe op LitNet nie, hulle is laf van hart en skuil agter pseudonieme. Maar, aan die ander kant, gooi jou pêrels gerus nog vir ’n lang tyd voor sulke swyne (en ook voor normale mense), daar is altyd diegene wat dit sal herken vir wat dit werd is. Jy is en was die eerste vrou wat ek teëgekom het wat Afrikaans regtig laat rock het. En laat blues en laat jazz het. Jy bly die diva van die teater en die kabaret. Jy sê hulle heeltemal reg: jy kry van my ’n bos rooi rose as jy weer in die Kaap kom. Moenie te veel worry oor my en Anton nie, hy het nog altyd niks aan my nie, en vice versa.

    Johnny K

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.