11 Junie 2002
DIE BITTERBEK GEHEIM ...
Aan Johnny (Johanna) K
O, voor ek my sê sê, ek het toe uit-gefigure waarom jy plastiek-leer
dra. Dit dien as waterproof teen die nat panties...
Anton Goosen en die Bushrock-band Rock. Dis nou maar net ’n feit, waar 900 mense in ’n stampvol Firken hierdie Saterdag in Centurion opgedaag het, en in die koue moes staan en wag omdat die plek reeds van vroeg te vol was.
Waar elke woord van Boy vannie Suburbs deur die crowd gesing is. Nie net die koor nie, maar elke woord, reg deur Durbs toe en terug. Maar daar gelaat. Daar is genoeg in die geskiedenis wat Anton bewys.
“And after all this, I learned that hatred did not change anything, it
didn’t bring me anywhere.” (uit American History X)
Wat is jou volgende stap? Haat jy hom omdat ander hom die
titel gegee het as Vader van Afrikaanse Rock? Maar die woorde
van “Jantjie”, “Waterblommetjies”, “Hanoverstraat”, “Harlekyn”, “Boy
vannie Suburbs” ens sal voortleef.
Jy kan geen woord van Anton se skat wegvat nie, jy kan nie die volk se mond verander nie. Die musiek en liriek sal vir ewig leef. En dit, ja dit sal ek sê, is wat jy haat. ’n Mens noem dit ook jaloesie, Kerkorrel.
Want die hart se pyn is ’n bitterbek geheim. Jy leef die haat, vir redes wat vir my maar netelig lyk.
So weer eens, groot groete hier van die Lebombo-berge. Hier waar die
son op dik toue loop. Hier waar Legogote die rigting na die Noorde wys.
Maria
Erg versag en verkort — Erns
terug