10 Junie 2002
NOEM HULLE GENERASIE Z! ...
Void is hierdie nuwe geslag beslis nie, daarvoor het ouens soos Karen Zoid, Ddisselblom, Toast Coetzer en die Cosmic Cowboy hopeloos te veel talent!
Aangesien die vorige geslag die lekker bemarkbare naam gehad het van Generation X, stel ek voor ons noem die nuwe geslag Generasie Z.
Z vir Zoid, Zambesi, Zoeloes, en alles wat lekker zoem in die ore!
Doen julle ding, kinders en kleinkinders van Voëlvry! Soos Simon en Garfunkel gesing het: Your time has come to shine!
Koos Kombuis
terug