7 Junie 2002
DRANK EN DONKERTE BRING WYSHEID (VIR ANTON GOOSEN) ...
Ek het Dinsdag na Anton Goosen se vertoning by ’n plek in Hatfield gaan kyk. My eerste Anton show, nie met verwagtings nie, eerder met opgewondenheid. Die gehoor was ’n klomp smucks. Dis hoekom ek eerder nie die plek se naam sal sê nie, want ek vermoed die tipe mense hang baie daar uit.
Gelukkig was dit toe al donker en daar was ook drank, so ek het die show terdeë geniet, maar dit het gelyk asof Anton geïrriteerd was met die gehoor. Naderhand het hy en die (briljante) band net begin jol asof op hulle eie en dit was lekker om musikante te ervaar op hulle eie missie (Barry, Anton La’mour en Schalk).
Die wysheid wat die show my toe nou gebring het was dat net soos die oorlog uitgebars het tussen die musikante (Anton het ook daardie aand iets gesê van Patricia en Jurie en Kerkorrel) oor wat hulle doen en hoe hulle geld verdien en watse tipe musiek hulle maak, het ek besef dis ook die luisteraars/aanhangers van hierdie mense wat daarvoor sorg dat hulle ’n sekere tipe musiek maak! Dis soos ’n vrot/common/whatever mutualisme.
Waar in jou lewe het jy gesien dat as jy R30 vir ’n show uithaal jy jou so stukkend suip en so loud word dat die kunstenaar jou asb vra om stil te bly? Nee regtig! Ek sou wat wou gee om eerder ’n jam session met Anton en sy band by te
woon. Om met hulle te interact en vir Anton te vertel van my Silwer de Lange oom wat Openbaring versies aangehaal het in sy selfmoordbrief, en dat ek ken van Hillbrow se verlange en verlatenheid. Dalk kan ek eendag ’n whiskey met jou deel, Anton Goosen, en met jou ’n stukkie deel van dit wat algemeen bekend staan as “die lewe”.
“A free society is a place where it’s safe to be unpopular.” — Adlai Stevenson, staatsman (1900-1965)
Geloof, Hoop en Liefde.
cat v
terug