17 Mei 2002
VIR JOHNNY WALKER ...
Baie interessant: die CD van Voëlvry Live het gister in die pos hier by my aangekom: as mens nou jou lyn van argumentering konsekwent deurvoer, dan is Koos Kombuis die skrywer van Da-da-da (Trio), Where do you go to my lovely (Peter Sarstedt) en Siembamba (wat eintlik tradisioneel is).
Interessant genoeg rep jy geen woord hieroor nie. Maybe some are more equal than others. Die ander ding wat my fassineer, is dat daar nêrens op die omslag enige aanduiding is of daar na die lirieke of musiek verwys word nie. Het jy dit ook maar gerieflik misgekyk toe jy jou briefie geskryf het? Of noem jy bloot die dinge wat jou pas?
Ek (en enige ander leser) kan dus nie seker wees of enige van jou insinuasies regtig water hou nie. Ek veronderstel jy gaan jou anonieme jas nou vinnig na die volgende wind draai.
Johnny K
terug