Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek lees in die briewe dat RSG die enigste stasie is wat Afrikaanse musiek heelhartig ondersteun. Self luister ek maar na Jacaranda, wat deesdae al hoe minder Afrikaans speel, en dan ook net van n sekere soort ligte musiek.
Hoe werk dit dan dat stasies hier in Gauteng, wat beslis, volgens demografiese realiteite, meer as 60% Afrikaanssprekende luisteraars het, so min lugtyd vir Afrikaanse musiek gee? Van Radio Pretoria praat ek liewer nie, hulle leef nog in n vorige tydvak, in die sestigerjare van Verwoerd, nie van die Beatles nie.