11 Mei 2002
OOR BACKTRACKS EN MIME ...
Ek sien dat backtracks die afgelope tyd nogal ’n groot issue geword het vir diegene wat heeltemal daarteen is. Maar ook vir die wat die actually gebruik. Ek weet nie. Is dit dalk ’n defensive sense of self-protection? Of is hulle net eenvoudig skaam daaroor?
Kyk, ons moet besef daar is sommige mense, dalk even “musikante”, wat backtracks nodig het. Alhoewel dit ons nie juis aanstaan nie, is daar wel mense wat hou daarvan. Gehore wat mal is oor daai techno-rave klanke. Dit beteken natuurlik nie ek regverdig die valse gebruik daarvan nie. Ek droom van ’n wêreld sonder backtracks, of front-tracks for that matter.
Ek wens vir ’n toekoms met regte sound. Regte musiek, die real McCoy. Maar ek het lankal leer saamleef met die feit dat daar altyd daai “ander klomp” gaan wees.
So ’n week of wat terug kuier ek ’n bietjie by my sussie op Stellenbosch, sy swot nou al vir ’n geruime tydjie kuns daar, en sy is regtig nogals ’n cool girl. Sy is baie intelligent en absoluut verlief op kuns. Daarby is sy ook ’n groot aanhanger van (ware) Afrikaanse musiek.
Sy is mal oor die soet klanke van Delta Blue en nes enige ander vrou kan sy nie vir Valiant Swart resist nie. Ons lê toe so ’n bietjie rond in haar woonstel, gesels en doen die sibling-bonding-thing, toe sy skielik verdwyn met die woorde:“Ek gaan gou die tunes opsit.”
Ha! Wat ’n verrassing lê voor? Wat sit sy op? Niks anders as die bekende, berugte “Skarumba” nie! Ek kon my ore nie glo nie. Toe ek vra of dit dalk ’n joke is, kyk sy my effens snaaks aan en sê dat dit een van haar favourite songs is. Ek kon dit nie verstaan nie. Ek was totally en utterly disgusted. Ek haat daai song, en daai woman wat dit sing. Ek sien dit nie as musiek nie. Dis iets anders... kan dit nie mooi verduidelik nie.
Maar om tot die punt te kom wat ek aan julle wil bewys: Die “Skarumba”-episode het my laat besef dat selfs ’n slim meisie soos my suster kan verval in hierdie
slagyster van commercial musiek.
Ons kan die mense met die backtracks laat verbyglip, maar ons moet pasop dat hulle nie die wêreld van Afrikaanse musiek rule nie. Ek weet daar sal altyd die groepie ware rockers en hul ondersteuners wees. Maar ek scheme dat as Patricia Lewis en Kurt Darren so ’n groot gevolg kan hê kan ons mense wat die regte musiek maak mos ook die hele industry oorneem!
Die rede waarom dit nie maklik sal gebeur nie, is omdat mense totaal en al gebrainwash is. Ja, jy kan seker nie verwag van ’n ou-ou tannie met pers hare en ’n Pam`s Pakkie om haar kop om saam met die beat van Not My Dog rond te spring nie, sy hou van Jurie Els en Bles (RIP) sal maar altyd haar hartlam bly.
So. Wat dink ek oor die gebruik van Backtracks? Ek dink let it be.
Hulle like dit, en die mense wat daarna luister like dit. Maar laat hulle ’n bietjie sukkel, soos Koos Kombuis en die baie ander musikante vir wie ek en die res van ons baie respekteer. Verban die backtrack-mense van die feeste, en as dit nie moontlik is nie, laat hulle moerse onwelkom voel. As hulle dan regtig worth it is, sal hulle survive.
En die gerugte van mimiek? Wel, iets moes gebeur het om hierdie gerugte te veroorsaak. Dit is loutere stront. NO ways. Never. Nooit ooit. Dit is totaal en al onaanvaarbaar. Asof dit nie erg genoeg is dat hulle van backtracks gebruik maak nie, wil hulle nog die woorde ook fake. Nee, jammer. Dit werk nie so nie.
En laastens, oor gratis verhoë en tente by kunstefeeste. Ek dink hierdie is nogals ’n goeie een. Nie heeltemal soos dit nou is nie, maar tot ’n mate. Jy sien, gevestigde bands soos... ag ek gaan nie nou almal opnoem nie... het ’n groep mense en fans wat geld sal betaal vir hulle shows. Maar wat van die bands wat eintlik moerse goed is, maar net baie nuut is. Niemand weet van hulle nie, die naam is onbekend, dan gaan niemand mos die moeite doen om geld te betaal vir hulle shows nie.
Daarom dink ek gratis verhoë en tente kan ’n baie goeie manier van blootstelling wees vir hierdie jong musikante. Maar, weer eens, tot ’n mate. Die regte tipe musiek moet perform word, op die regte tye. Ek kan julle belowe dis geen fun om tussen duisende mense rond te loop, by sweterige stalletjies, op soek na ’n sekere onmoontlike item, en dan
moet jy boonop na Juanita of Sunette Bridges se stemme bo alles luister nie.
Goed. Nou het ek my sê gesê. Eventually. Dankie.
Nicola K
terug