SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    10 Mei 2002

    IS THERE A HOLE FOR ME TO GET SICK IN? ...

    “A hole to get sick in,” (soos Dylan sing) of ’n holistiese benadering? Dit lyk asof die boereoolog in alle geweld op LitNet losgebars het.

    Maar dit blyk ook asof die meeste geweerskut net doodgewone blanks is. In die proses bring die oorlog gelukkig darem sy deeltjie humor ook, bv die een stelling wat sê dat rock nie uit die blues nie, maar uit kabaret kom!

    Dan is daar ’n ander een wat Nietzsche aanhaal, ter verdediging van mimiektoertjies! (Ek gaan my nie verwerdig om te reageer op die omgekeerde psigologiese poging van “ernstig opgeneem word nie”. Projeksie is nie ’n psigologiese of filosofiese argument nie.)

    Maar dalk kom daar tog eendag orde uit die chaos.

    “I have this mime that lives next door. So I put a blank tape in and play it at full blast to drive him nuts” — Steve Wright

    Met die moddergat se kleilatwedstryd tussen die drie kaal keisers van die destydse Voëlvry-beweging, het ek hier van die wal se kant af vrede, tog verskaf dit heelwat vermaak.

    Al drie here het onderskeidelik ’n geweldige deel bygedra tot die bevordering van moderne Afrikaanse musiek, Voëlvry het, die Musiek en Liriekbeweging van `79 het, (ek verkies steeds die Star se beskrywing van “New Wave Afrikaans music” en haat die latere Luisterliedjie-term), Houtstok `90 het, en dit alles saam het gelei tot die gesonde stand van die huidige, oorspronklike, proggressiewe, Afrikaanse musiek.

    “Staan saam burgers, staan saam” — Piet Botha.

    “We should fight the common enemy” - uit Monty Python se Life of Brian.

    My stryd is teen vertalings en back/front tracks-toertjies.

    As dit kom by vertalings, waar net helfte van die lied inheems is, kan daar nie gepraat word van inheemse Afrikaans nie. En boonop word helfte van die kopiereg-tantièmes teruggestuur na die land van herkoms.

    Indien hierdie gebruik nie bekamp word nie, gaan ons met ’n Afrikaanse liedjieskat sit wat grootliks “geleende” goedere is — soos die bestaande FAK-bundel. Onder die huidige, inheemse kwota-stelsel vir die radio se speellyste, behoort uitheemse Afrikaanse deuntjies glad nie in aanmerking te kom onder die plaaslike kwotastelsel van radiostasies nie.

    Oor backtracks en front-tracks: Daar behoort baie dringend aan wetgewing gewerk te word om hierdie verneuktoertjies te verbied of te beperk.

    Ten eerste hoort dit glad nie op kunstefeeste toegelaat te word nie. Dit maak tog ’n kontradiksie van die woord “kuns”. Stel jou nou voor: Die Spice Girls op die Edenburgh kunstefees — front-trax et al! Of The Pet Shop Boys — backtracks et al! Binne ’n gratis tent of buiteverhoog, en met die gehoor wat heerlik sit en drink en lawaai.

    En dit is hoe dit tans by KKNK en Aardklop by al die gratis vertonings is! En dan word daar verwag dat mense by ander lokale waar kunstenaars met begeleiding werk en regtig sing, betaal moet word.

    Die gehore en publiek moet so gou moontlik ingelig word teen die oneerlikheid van backtracks en front-tracks. In beide gevalle word daar in die CD-ateljee gebruik gemaak van professionele musikante wat SLEGS betaal word vir daardie CD en/of musiekopname. Dit beteken nie dat hul intellektuele bydrae GRATIS en SONDER enige vorm van vergoeding of tantième deur Jan Rap en sy maat in die openbaar en buite die begrip van “klankopname” in die plek van ’n orkes gebruik mag word nie.

    Dit is tog onregverdig.

    In die buiteland is daar reeds wette om dit te beperk en te sorg dat die oorspronklike musikante hul regmatige deel kry. Hierdie situasie kan net deur publieke bewuswording en deur wetgewing reggestel word.

    ’n Verpligte waarskuwing, soos op die sigaretpakkies, sal natuurlik die ideaal wees op CD`s en konsertplakkate, bv “uitheemse oorsprong”, “miming act inside” of “backtracks — no live music”.

    En dan kom ons by my verspotte vuislustige vriend se poging tot intellek. Ons weet lankal hy wil ernstig opgeneem word en terselfdertyd met ’n SLK rondrits. Plato en (durf ek?) Joan Hambidge in die een hand — en kougom-musiek in die ander hand. Die beste van beide wêrelde.

    Wel my vriend, ek is bevrees jy het self die bal gepuncture met jou skrywe op LitNet. (Gaan kyk gerus op die ander geselsforums hoe almal hul vir jou skeur!) Maar tog hou ek van jou en is die stryd nie verlore nie. In jou argumente net na die KKNK het ek reeds vir jou verduidelik dat elektroniese (backtracks) hulpmiddels wel eties is om te gebruik, maar sekerlik dan slegs as hulpmiddel. Die hulpmiddel mag nie die musikant vervang en hom dan nog boonop van sy regmatige intellektuele kopiereg vervreem of ontneem nie. (En dit geld vir die hele belaglike sirkus.) Keer terug na musiek toe: met of sonder ’n band. Al is dit net met een instrument.

    Dan red ons dalk die vretende kanker op ons kultuur. (En moenie jy, of bestuurder “Don” King Louis vir my kom vertel van CD-verkope nie. Of dink jy ek het 22 jaar oorleef deur niks te verkoop nie?)

    Haal jou/julle sonbril ($teve se $onbril?) af sodat jy/julle weer die note kan hoor! Of dink jy Beethoven, die Rolling Stones, Mozart, AC/DC ens het ook backtracks of front-tracks gebruik?

    Soos dit tans vir my lyk is daar verskeie groeperings binne Afrikaanse musiek:

    a) Die progressiewes wat musikaal standpunt inneem,

    b) ’n middelgroep wat onbetrokke is, maar nogtans lewend optree en uitstekende inheemse musiek maak,

    c) cover-artists, wat inheemse Afrikaanse liedjies sing wat deur ander mense geskryf is, en

    d) die kanker-k*kke wat vrylik vertaal, die gehore verneuk met agtergrond-en voorgrondmusiek, net bucks wil maak en famous wees, en heel ergste: van ons Afrikaanse musiek ’n bespotting maak met musikale onopregtheid en foefies.

    Wat het ons nodig?

    Van die regering se kant af: Wetgewing!

    Van die publiek se kant af: Gaan ruk die CD uit die CD-speler en dring daarop aan dat die kunstenaar sy show doen!

    Afrikaanse musiek het die hulp van die media en die publiek nou nodiger as ooit. In `79, met die geboorte van die moderne Afrikaanse lied, het die media bankvas agter die beweging gestaan. Hoekom nie nou nie?

    Anton Goosen

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.