Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek het nie bedoel om met jou naam te spot nie - was net op die stadium vir my `n oulike woordspeling. Indien jy na my
blog gaan (www.uberboer.blogspot.com), sal jy sien ek het `n ander titel gebruik - iets soos dat dit nie Jesus se skuld is nie. No hard feelings - oor die skuilnaam - ek kruip nie weg nie, maar het `n baie goeie en geldige rede vir die gebruik daarvan - in elk geval, dit hou die sê interessant.
Ek moet ook om verskoning vra, ek lees nie al die briewe op die sê nie en die brief waarop ek kommentaar gelewer het was die eerste brief oor Afrikaners van jou wat ek gelees het. Ek voel regtig sleg dat jy op grond van die titel dit as `n persoonlike aanval beskou het, my antwoord was slegs op die inhoud gemik.
Ek is baie dankbaar jy gaan nie `n bybelverklaring aan ons lewer nie, daarvan het ons genoeg op die sê en moet liewer nie begin nie, netnou dryf ek die wat nog half gelowig is tot totale sinisme en ongeloof.