SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    15 September 2006

    DIE LIBERALISTE  ...

    Met die onderstaande verstaan ek dat daar reeds bewese steun vir groepe moet wees om minderheidsregte op te eis, deur etniese politieke partye of deur minderheidsgroepe se volksrade. Daar is reeds baie volksrade buite die politiek in Suid-Afrika, maar die vraag is wie verteenwoordig hulle.

    Indien daar groepe/volke is met lederegisters kan hulle mos deur hul eie parlement, wat volgens hul eie kultuur tradisies gestruktureer is, saamwerk met ander groepe? Maar eers sal die wat bymekaar hoort bymekaar moet kom, sodat hulle hul eie volksrade kan verkies.

    Is Contraleza en die Khoe-Sanraad nie `n konsosiasie van Swart- en Bruinvolke nie? Waar is die wit volke se volksraad? Is die probleem nie "wie praat namens die volke nie? Selfaangestelde leiers of tradisionele leiers?

    Is die begrip "demokrate" nie `n alles insluitende begrip nie? Die kenners sê dat daar hoef nie vooraf `n rasseklassifikasie of groepsgebiede wette te wees nie, want dit is absoluut natuurlik dat mense vir hul eie mense stem. Die liberaliste kan bly waar hulle wil, en hoef nie hul mond uit te spoel omdat mense op `n natuurlike manier wil groepeer nie.

    Die magshebbers was en is nog steeds die probleem van wie regeer oor wie? Moet ons nie self `n Afrika demokrasie bou waar mense saamwerk binne gebiede, streke en die land sonder dat die een die ander kan oorheers nie? Dit is beslis nie apartheid nie, maar wel gelykberegtiging vir `n ieder en `n elk. Die eenheid deur die verskeidenheid met die magsewewig, sodat daar geen oorheersing van of deur een oor die ander kan wees nie.

    Moet die demokrate nie begin om in woonbuurtes hul mense wat demokratiese waardes van - stem vir jouself in jou eie woongebiedsraad - bymekaar maak nie?

    Is dit nie `n Afrika demokrasie waar politieke partye op woonbuurtvlak geen rol speel nie, omdat die bewoners van `n woonbuurt self verantwoordelikheid neem nie? Skep woonbuurtrade nie `n lederegister vir die verskillende volke sodat hulle hul minderheidsregte - as die demokrate - kan opeis nie? Herstel woonbuurtes nie weer volksgrense wat die Britse oorheersers vernietig het nie?

    Politieke partye wat liberale waardes voorstaan kan mos hul lede dien ooreenkomstig aanraai om nie as lede van `n woonbuurtraad te registreer nie? Sal samewerking tussen woonbuurtes nie bewys dat die elite se mag beperk word deur medeverantwoordelikheid en medeseggenskap tot voordeel van almal nie? Maw dit kan lyk soos apartheid maar dit is beslis nie apartheid (segregasie) nie, omdat die elite se mag aan bande gelê word, en ook omdat almal saamwerk waar elke groep/woonbuurt dieselfde magte en kragte het.

    Die Britse liberale elite het vir die bruin volke in 1828 gelykheid voor die reg gegee. Bestaan die bruin volke nog of net `n klein oorblyfsel? Al die volke van Suid-Afrika is nou besig met selfmoord omdat hul nie saamkom sodat hul minderheidsregte die staat se mag kan ontmoet om tot vervulde wisselwerking te kom nie.

    Wat is die alternatief? Die huidige politieke stelsel waar `n sogenaamde meerderheids politieke party oorheers en die bevolking na hul insigte verander in `n Eurosentriese regeringstelsel?

    Groete

    Kobus du Plessis

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.