Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
PANDEMONIUM SE BRIEF VAN 13 SEPTEMBER 2006: TWO STATE SOLUTION ...
Beste Pandemonium,
Dankie vir jou vriendelike brief van 13 September 2006. Ek moet nou regtig erken dat ek nog nooit van die Two State Solution gehoor het nie wat "internasionale steun" gehad het nie, altans wat Suid-Afrika ooit betref het nie, (dit klink vir my asof dit iets te doen het met die Israelse - Palestynse kwessie). Ek sou dankbaar wees as jy so goed sou wees om my in te lig oor hierdie saak, maar ek sal twee weke moet wag om jou antwoord te lees omdat ek met vakansie weggaan en eers aan die begin van Oktober voor my mikro sal wees.