Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek het begrip vir jou vraag waarom Toyota nie die dieselmasjien in die Prius gebruik nie. Die vernaamste rede waarom nie is dat die meeste dieselenjins sonder `n katalitiese omsitter en uitlaatgas-hersirkuleerstelsel onverbrande koolstof in die uitlaatgas vrylaat. Dit is ontoelaatbaar in Japan en sekere Amerikaanse state soos Kalifornië waar die besoedelingspeil uitermate hoog is. (`n Dag in Tokio se Ginza, waar byna geen dieselvoertuie toegelaat word nie, sal jou laat besef hoe erg lugbesoedeling kan wees) As jy `n duur enjin (`n diesel kos heelwat meer as `n petrolmasjien om te maak) met `n duur omsitter plus `n duur hersirkuleerstelsel met `n reeds duur dryfwerk kombineer, word die rigprys so hoog dat die voertuig min of meer onverkoopbaar sal wees.
Hoewel ek van die tweeling-aandrywingstelsel hou, glo ek nie dat dit die oplossing is nie. Die brandstofsel lyk na die beste oplossing op dié tydstip en ook die een met die meeste belofte, hoewel BMW (en andere) redelike welslae met waterstofaandrywing behaal het.
Wat die banke betref: ek het nogal begrip vir hulle sedert die ANC-regering met hul bestuurswyse kom inmeng het. As ék verplig word om geld aan mense met `n twyfelagtige betaalvermoë uit te leen, sal ek ook iewers kortpaaie vat om my wins op `n lewensvatbare vlak te hou.