13 September 2006
NATHAN BOND, VIR GERHARD ...
Dêm! Net toe die speurdersadrenalien behoorlik deur my are bruis en ek my lippe begin aflek vir my eerste dramatiese deurbraak hier oppie Sê, kom jy en kondig doodluiters aan dat die Bond deesdae by Kletskerk uithang.
Ek het toe maar ‘n vinnige draai by dié werf gaan maak en ek moet sê, dit was nogal lekker om hom (en ‘n paar ander ou bekendes) daar raak te loop. En hy verwys inderdaad in een van sy skrywes daar na die Moslem-spotprente en iets wat LitNet destyds nie wou plaas nie, maar wat toe wel deur Kletskerk geplaas is.
Mis nogal Nathan se vurige uitlatings van destyds hier in SêNet-geledere.
Bokka
terug