Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Sover ek weet het JHB en Pretoria die hoogste misdaadsyfers in
Suid-Afrika. Baie organisasies en besighede het al misdaadsyfers
bymekaar probeer sit. Al hoewel van hulle dalk kan verskil, het almal die punt in gemeen: Gauteng het die meeste misdaad. Sover ek kan onthou, is die Wes-Kaap een van die provinsies met die minste (veral gewelddadige) misdaad.
New-Zeeland het ook nou hulle burgers gewaarsku om versigtig te wees in veral JHB, Pretoria as ook Durban. Ook is hulle gewaarsku oor die pad Kruger Wildtuin toe, en om nie alleen op Tafelberg se hange te gaan loop nie.