12 September 2006
HET EK REG GEHOOR OOR DIE RSG NUUS VANOGGEND? ...
Ek jol en slaap rond. Dan kry ek Vigs. Dan behoort ek aan die unie “Mense met Vigs”. Ek kry medisyne op staats onkoste. Ek kry ‘n staats kostoelae om kos te koop, want ek kan nie die medisyne op ‘n leë maag drink nie. Sodra dit lyk of ek beter raak, vat die staat my kostoelae weg. Nou staak ek, want hoe moet ek aanhou medisyne drink op my leë maag?
Klink nie vir my na ‘n oplosbare probleem nie, net na groot geld probleme vir die staat.
Dalk moet ons vir “Dr Beet” die volgende sakevrou van die jaar maak. Sy weet dalk iets van werk met geld as dit kom by medisyne en kostoelae uit die staatskas.
Snuffels
terug