Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek stem saam met jou in verwysing na jou vorige brief geskryf aan my. Ek onthou ook die Rebelle toere wat ons met krieket en rugby gehad het. Ek
onthou dat ons baie dankbaar was om ‘n bietjie internasionale toere te gekry het, al was dit nie noodwendig die beste spanne wat hier kom toer
het nie. Dit is maar altyd lekkerder om te wen, en jy weet jy het hulle beste span gewen. Net so dink ek ander lande geniet n oorwinning teen ons meer as hulle weet dit is ons beste moontlike span wat hulle gewen het. Nie soos die laaste "game" tussen ons en die All Blacks waar hulle reken ons speel teen hulle derde span en ons weer daarop reken hulle speel teen ons tweede span nie.
Mens kan ook argumenteer dat dit oor diepte in n span moet gaan, en mens nie op een of twee spellers kan staat maak nie. So moet ek erken, maak nie
saak hoe min ek van ‘n speler in my gunsteling span hou nie, ek nog steeds vir my span sal skree. Ek onthou hoe ek vir Naas Botha gehaat het as ‘n
kind. Maar as hy ‘n bal oor die palle gesit het met ‘n doelskop of ‘n skepskop(waarvan hy die meester was),was ek net so bly soos die blou bul
ondersteuners wat vir die Springbokke geskree het.