Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek is so oud soos ou Anton Goosen - nogal nie bloedjonk nie, maar voel in elk geval lekker jonk! Die ding wat my die afgelope tyd so verstom is al die ENGELS in AFRIKAANSE onderhoude, van beide partye, onderhoudvoerder en die kunstenaar? Dink die mense dis JONK? Nee, `n ou bok bly oud al dink hy hy gaan vir die groen blaartjies! Selfs die KYK-NET se Idols, Afrikaans, ag nee, dis `n mengelmoes! Al die kommentaar - net `n konkoksie! Kon maar eerder Engels gewees het, dan was dit dalk "cool." Nou is dit "plat!" Daar is seker genoeg woorde in Afrikaans, of ken die mense nie Afrikaans nie? Hoekom sing hulle Afrikaans - nie om Afrikaanse musiek te bevorder nie, want die liefde is beslis nie daar nie! Ag, help tog julle, man - doen dit in AFRIKAANS, of ENGELS of DUITS 0f FRANS, maar nie in `n mengelmoes nie. So word Afrikaans nie bevorder nie, nog minder Engels. Dis maar flou! Ai, dankie, net dat ek dit kon uiter. Dis walglik! HOU AFRIKAANS MAAR AFRIKAANS, dis bak!