Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek het van die babers vergeet. Die gif van die baber se slym is die kleinste van die probleme. Sy pen het sulke weerhakies op wat maak dat as hy in dit trap, dan kom die pen nie maklik weer uit nie hoofsaaklik omdat dit gewoonlik afbreek en ook omdat die natuur die baber `geseën` het met `n pen wat verdik na agter toe. Dus suig die pen ook nog vas in jou vleis en is dit jarre se kak om dit weer uit te kry en vreeslik seer. Jy moet ook sien hoe lekker glip daai pen deur `n 6-ply band!