8 September 2006
VIR JOHAN PIENAAR OOR DAN ROODT 2 ...
Jy sê Dan se feite is nie méér verkeerd as joune of enige ander kommentator s’n om hulle opinies mee te staaf nie (terloops, ek sukkel om die ‘feite’ raak te sien wat jy gebruik om jou opinies mee te staaf). Jy sê ook dat Dan, soos jy, feite in sy eie guns kontekstualiseer voor hy dit aanbied. Nou hoekom, as sy feite reg is, steek alles wat hy sê jou so dwars in die krop? Kontekstualiseer hy ‘verkeerd’ en jy ‘reg’? Indien dit die geval is moes jy uitbrei daarop want alleen dít sou verklaar hoekom jy nie saam met hom stem nie. In plaas daarvan maak jy staat op jou skimp dat Dan onderdrukking voorstaan en jy die champion van die benadeeldes is. Dit is in werklikheid net mooi andersom; Dan is gatvol vir die onderdrukking van die Afrikaner en jy skaar jou by die wat wil hê die Afrikaner moet boetedoen vir iets wat hy nooit gedoen het nie.
Laat ek ‘n klip van jou skouers afhaal: Dan irriteer jou grensloos omdat elke keer wanneer hy praat, hy jou laat besef jy is met slap pap onder ‘n wip gevang. Dieselfde geld natuurlik vir jou maatjies in die pienkkoortjie, naamlik Swaeltjie, Afrikaan, Poplap en Francois Williams om nou maar net ‘n paar te noem. Elke keer wanneer onder julle aandag kom dat die land gly moet julle jul sienings regverdig deur ‘apartheid’ te skree, iets wat in elk geval nie bestaan het soos julle dit definieer nie en, sou dit bestaan het, was dit meer deur Duitsers, Engelse, Belge en Franse beoefen as ons Boere.
Ter afsluiting wil ek graag die paar vragies beantwoord wat jy aan Dan gestel het. Nie namens Dan nie, net soort van vir oefening:
Dan, glo jy dat apartheid `n beter regeringsbestel was vir Suid-Afrika as die huidige een?
Ek weet nie hoekom vra jy die vraag vra nie want the proof of the pudding lies mos in the eating, dan nie? In elk geval moet jy eers definieer wat jy onder ‘apartheid’ verstaan en dan is dit ‘n ope vraag of so-iets wel deur die Boere beoefen was.
Glo jy dat die wit ras superieur is aan ander rasse en veral die swart ras?
Nee, glad nie.
Glo jy dat die Westerse beskawing superieur is aan ander beskawings?
Nee, glad nie.
Glo jy dat die Afrikaner homself aan Suid-Afrika moet onttrek en sy eie heil elders moet gaan soek?
Nee, glad nie. Wat wel moet gebeur is dat ander inheemses nou dringend aan die verstand gebring moet word dat die Afrikaner nie die monster is wat julle meelopers hom uitmaak om te wees nie. Inteendeel, gemeet aan die Engelse, Zoeloe-, Spaanse, Xhosa-, Duiste, Amerikaanse en Kanadese geskiedenis was, en is ons, engeltjies.
Glo jy dat menseregteskendings deur `n regering teenoor individue geregverdig kan word deur die groter voordeel van die gemeenskap voor te hou?
Natuurlik nie; menseregteskendings kan nooit geregverdig word nie, nie eers deur ‘regstelling’ nie. My kinders se menseregte word op die oomblik geskend deur die besoek aan latere geslagte van vaders se gewaande misdade. Hierdie menseregteskendings teenoor ons moet nou end kry. Dan Roodt werk daaraan, jy laat gaan.
Groetnis,
Jan Rap
terug