SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    8 September 2006

    SWYS EN SY WIT VOORDEEL  ...

    My ondervinding is dat dit vir die huidige jonger geslag moeilik is om werklik begrip te hê vir die verlede want dit lê nie in hulle ondervindingsveld nie. Dis seker moeilik om in die blink huise van vandag agter die rekenaar te sit met bakke vol kos, lugreëling, volop drank en plesier en dan begrip te hê vir die swaarkry van die verlede.

    Baie mense is aan die stry oor die grondkwessie in beide die RSA en Namibië en die grondslag van alles is die swart mense wat dan nou `grondloos` sou wees. Dat die blankes noodwendig grond van die swart mense sou gesteel het. Wat van die duisende wit mense, veral die mense wat uit die WW2 gekom het, wat `n lewe gevoer het in die land en dood is sonder om ooit die voorreg te gehad het om `n stukkie grond te besit nie? Dit waarin die mense gebly het, was huurgrond of `n huurhuis. En die rede? Hulle het eenvoudig nie die geld gehad om dit te koop nie. Hierdie mense was regtig arm en het arm gesterwe en vele van hulle was in diens van die staat in die een of ander vorm. Uit `n ander hoek gesien, het hulle gemeenskapsdiens gelewer hulle lewens lank. En is hulle vergoed met gratis huise, erwe, goedkoop busvervoer, of wat ook al? Nee. As jy `n huis of `n plaas wou hê, moes jy die geld daarvoor neersit....of soveel skuld maak dat dit jou in die nag skoon bevange maak.

    Ekself het nie skoolvervoer geken tot matriek nie. Ons het skool toe gestap, somer en winter. In die laerskool nog kaalvoet ook. In die winter trap jy spore in die ryp en in die somer hol jy middagtyd huis toe van skadukol tot skadukol omdat jou voete brand. Elke nuwe jaar by die laerskool het begin met die kinders wat moet help om die duwweltjies na die reën op die skoolterrein te skoffel. Veral die rugbyveld, wat `n sandveld was, was by die begin van die nuwe seisoen oortrek met duwweltjies en ons het hom so kaalvoet skoon gespeel!

    Niemand het eintlik gekla nie, want almal was maar oor die algemeen relatief arm en in dieselfde bootjie. Van die plaasboere was meer welaf, maar hul kinders in die koshuis het nie `n probleem hiermee gehad nie want plaaskinders is oor die algemeen van `n ander staal gemaak as die dorpenaars.

    Swys, jy is reg. Ons het arm grootgeword en niemand het ons gehelp om meer welvarend te raak behalwe die wil en harde werk nie. Die huidige gesoek van die grootste deel van die bevolking na `hand outs` maak mens gatvol want jy het uit ondervinding geleer dat geskenke niks werd is as jy dit nie self verdien het nie.

    Namib

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.