SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    6 September 2006

    AAN HENNING  ...

    Ek maak graag as volg korte mette van jou briefie aan my:

    GMV skryf `n brief waarin hy/sy min of meer te kenne gee hy/sy is op soek na die waarheid tov religie. Jy skryf `n briefie waarin jy voorspel dat onder andere die simpel ou Christentjies vir GMV gaan oorval met Christen-propaganda. Op dieselfde dag verskyn `n brief van jou sielsmaatjie, Donald Herman, aan GMV waarin eg `n `oordraging` oordra waarin kwansuis aan hom (Donald) sekere dinge oor die hel ge-openbaar word (weereens is die `oordraging` so onwaarskynlik dat mens de moer in word dat Don mense se intelligensie so onderskat ). Ek wys die ironie hierin aan jou uit. Jy reageer op my brief, maar handel toe glad nie met die kwessie wat die punt van my ou briefie was nie. Eienaardig.

    Pleks daarvan val jy `n paar ander uitsprakies van my aan. Kom ons kyk dan nog `n bietjie mooier daarna as wat jy gedoen het:

    Jy verwys na my ooglopend - frivolous aanmerking dat dit moeiliker is om regters en landdroste te bullshit as `n ateljeegehoor by `n Other Side - tipe TV-program, en probeer `n issue daarvan maak, hoewel ek nie doodseker is wat die punt is wat jy probeer maak nie. Vra jy my of ek dink regters en landdroste het `n bepaalde intellek? Indien wel, is die antwoord ja, ek dink regters het oor die algemeen `n beter intellek as die man op straat en darem meeste landdroste ook. Die punt is egter dat hulle opgelei is om getuienis, stellings en submissies krities te ondersoek, en ook in `n posisie is om dit te doen, deur vrae te vrae, te debatteer, ens. Die vraag is dus nie soseer die kwessie van intellek nie, maar, ligsinnig soos dit was, staan ek by die stelling wat ek gemaak het. Om vir George Bush en kabinetsministers in te sleep by die stelling dat dit moeilik is om regters en landdroste te bullshit, is darem té wyd `n draai om te loop.

    Die ander punt wat jy aansny, is dat Gordon Smith al bewys is as `n persoon wat werklik met "Die Ander Kant" kommunikeer. Jy`t seker gemis dat ek redelik onlangs vir Donald gesê het dat ek heeltemal ontvanklik is vir die idee dat daar mense is wat aldus kan kommunikeer, en dat my enigste probleem met hom wat Donald is, die feit is sy dialogies so onwaarskynlik en vol gate is, dat selfs die mees onnosele magistraat hom by die hofsaal sal laat uitwerp. Of vind jy sy `oordraginge` enigsins geloofwaardig? Moet asb nie hierdie vragie systap nie.

    Ek het nie `n klinkklare antwoord op GMV se vraag nie, en wat ek vermoed of glo in hierdie verband sal ek dalk ander dag deel. Ek sal wel vir jou sê dit behels nòg reptielgode nòg `n ou omie met `n grys baard.

    Met ego in tak.

    Dirk D

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.