Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
PASCAL VAN DER PUTTE SE SKRYWE OOR GAY KINDERS ...
Beste Pascal,
Jou skrywe van 4 September 2006 was darem ‘n roerende bewys en erkentenis van wat ouerlike liefde in staat kan wees. Die vloek van homofobie is in ons Westerse kultuur deur die Joodse Tradisie van die Ou Testament ingevoer en het ons kultuur al vir twee duisend jaar behoorlik vergiftig, en vir dié rede alleen behoort hierdie bose boek in die asblik gesmyt te word. Gelukkig word die situasie in Europa, Australië, Kanada en elders in die beskaafde wêreld vir hierdie "ongelukkige mense" daagliks beter en aanvaarding van andersheid is nou iets van die dag. In baie Europese lande kan jong mense van dieselfde geslag nou hulle verbintenis met mekaar registreer, en selfs kinders aanneem. Die situasie het moontlik geword deur eers die Kerk behoorlik op sy plek te sit en sy leerstellings en hulle gevolge op die lewens en geluk van mense behoorlik te ondervraag.