Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Baie dankie vir jou openlike mooi skrywe. Ek glo ook soos jy dat almal se sonde ewe groot is. Ek glo ook dat God se genade so groot is dat dit ons verstand te bowe gaan. Soos ek vroeër geskryf het, is my swaer oorlede aan vigs. Hy was gay, maar dit is as groot geheim in die familie gehou. Niemand mag geweet het nie. Selfs toe hy siek geword het, was hierdie groot geheimhouding. Net my skoonma en skoonpa het geweet. Ons het almal maar ons vermoede gehad, maar het nie gewaag om iets te sê nie. Die nag met sy dood het my ander swaer toevallig op sy leêr gekyk en daar bevestiging gekry hy het vigs gehad. Ek leef tot vandag toe nog met `n groot verwyt in my hart teenoor my skoonouers. As hulle net openlik en eerlik met ons was. Ons liefde vir hom sou definitief nie vervaag het nie. Ek dink baie keer aan die hartseer en eensaamheid waarmee hy moes heengaan. Het hy nie ook maar verstote gevoel net omdat ons nie die geleentheid gekry het om vir hom te sê dis OK ons bly lief vir hom nie? Dit is vir my wonderlik dat mense vandag so openlik hulle kinders aanvaar en liefhet. Dit is soos jy sê Pascal, hulle is net vir ons geleen. Ek dra elke dag my kinders aan God op en vra dat Hy hulle in sy beskerming moet toevou.