Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Ek het lanklaas op `n Vrydagmiddag so lekker gelag. So tussen die drieë en die staaltjie van die Kaapse tantes op die vliegtuig deur. Die trane het gerol en die kollegas kon nie uitmaak of ek lag of huil nie. Moes maar net wys na die skerm en hulle moes self lees, ek kon nie verduidelik nie. Sodra ek begin vertel kom die prentjie van Pierre en die tantes in my kop en die seun wat doellyn toe hardloop met die fluitjie wat hom aanmoedig, dan trek ek weer los en alles ruk en bewe en spat van die lag.
My maagspiere is eina. As mens net gewig kon verloor van soveel lag. Dit doen jou darem goed. Ek het skoon vergeet van die ander bydraes wat my omgekrap het.