1 September 2006
ZANDES OOR VOORKOMS VAN IDOLS ...
Hi Zandes,
Na my oor, het die beste Idols uit die 12 reeds gesneuwel deur stemming van die volkie, daarmee bedoelende almal wat omgee vir Afrikaanse liedjies (songs as jy nie begryp nie). Dis egter verblydend om in Die Burger te verneem van Engelstalige kykers wat kykersgetalle vergroot het asook gestem het. Mooi so! (Dink aan ons stemme met die Engelse Idol Programme) So kry ons toe `n Heinz, Anke en Karin—almal Afr sprekend.
Kom ons wees eerlik, in die RSA is ons tweetalig tot meertalig. Ons het op elke gebied in ons land seuns en dogters grootgemaak wat uitmuntend presteer. Op die oomblik is kunswedstryde aan die gang, daar waar meer talent gehoor word en elk op sy manier trots voel oor sy deelname.
Voel ek trots op die huidige idols? JA! Sou nogtans met jou saamstem dat dit hier gaan om die STEM. Valsheid vir ons wat `n musikale oor het, maak jou ore seer, laat jou ineenkrimp. Verhoogpersoonlikheid en uitvoering van die lied (song) is eiesoortige kuns. Ek staan baie keer verbaas betower deur so `n jong stem! Wat maak ons met al die mooi poppies en sweet seuntjies......
Voorkoms is nie al nie, en die idols moes sulke persoonlike beledigings sluk, tot groot verleentheid vir my en vriende. Die STEM bly tog die belangrikste soos jy sê, Zandes.
Alzonia het haar wonderlike goddelike stem wat my verstand te bowe gaan. Wat `n pragtige rou diamant wat nou gaan skitter met ondervinding. Geluk aan Willem en geluk aan Dewald, Idol. Julle het beide `n barshou gesing!!
Tracey Lee. Christian en Valeska was vir my en die beoordelaars tops!!
Wederom,
Zabethe
terug