SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    31 Augustus 2006

    STEREOTIPERING - VIR DOUWE  ...

    Daar verbreek jy as seun toe sowaar twee heilige reëls met een skopslag! Jy kon nie rugby speel om jou bas te red nie én jy’t trane in jou oë gekry nadat jy so desperaat probeer het! Jy’t ‘n hele ruk na die tyd seker maar swaar geleef?

    My heel eerste ondervinding wat ek kan onthou ivm stereotipering van geslagte op skool, was in graad een. Een van die meisies in my klas is uitgevang dat sy ‘n karretjie in haar tas ronddra. Haar boetie s’n, het sy probeer verduidelik (ag, hoe het ek nie ‘n boetie begeer nie - sou só lekker met sy karretjies en blokkies gespeel het!). En dit was nie lank nie, of al wat kinderstem is spotsing saam: Estelle is ‘n seuntjie! Estelle is ‘n seuntjie! En hoe meer Estelle probeer please explain, hoe lustiger word sy uitgejou. As ontluikende waarnemer besluit ek toe manmoedig (hoekom bestaan daar nie ‘n woord soos vroumoedig nie?) om Estelle se kant te kies, aangesien Juffrou op daardie stadium elders was. Ek vermoed in elk geval Juffrou self sou g’n kant gekies het nie, maar bloot “bly stil!” geskreeu het.

    Nou, met die seker wete dat ‘n dogtertjie nie eensklaps in ‘n seuntjie kan verander wanneer sy skelm met karretjies speel nie, kom ek toe op vir Estelle. Ek kan nie my presiese woorde onthou nie, maar ek vermoed dit was iets soos “ag, issie!”. En dit was nie lank nie, of die hele klas se fokus verskuif na my toe. En die spotsang verander na *Bokka is ‘n seuntjie! Bokka is ‘n seuntjie!

    Nou kan ek jou probeer beïndruk deur te sê ek was nie lus vir ‘n klassieke is-issie-is-debat nie, maar ek dink dit was eerder ‘n geval van ek wat nie mooi geweet het wat om verder te sê nie. Daarom swyg ek toe maar en gaan aan met die werk wat Juffrou gesê het ons moet doen totdat sy terugkom. En by gebrek aan verdere reaksie van my kant af, hoor ek hoe die stemme een na die ander wegsterf totdat daar weer stilte in die klas was.

    Op daardie oomblik het ek sterker as al die kinders saam gevoel.

    Ek dink ek het daardie dag ook my heel belangrikste les vir die hele jaar geleer - belangriker as enige som of leesles. Sónder Juffrou se hulp.

    Groete

    Bokka

    *Bokka is mos ‘n skuilnaam, onthou?

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.