Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Jan Greyvenstein se SêNet oor ons herkoms (30/08/06) het betrekking.
Hy skryf: "As vertrekpunt moet ek dus waarsku dat jou wit vel nie per definisie gewaarborg is as jou direkte lyn sogenaamd wit is nie."
My punt: Dit is slegs `n dwaas wat in die huidige Suid-Afrika `n "gewaarborgde" wit vel sal wil hê. Die feit bly egter, daar is mense met wit velle in Suid-Afrika. Indien ek nie in my huidige "leliewit omhulsel" (ongeag hoe gewaarborg dit is, of nie) in die huidige Suid-Afrika welkom en veilig kan en mag voel nie, gaan geen kunsmatige, onsigbare genetiese kombinasies - wat "my" moontlik in die toekoms as polities korrek (donkerder) kan laat manifesteer - of die desperate gegryp na onsigbare slawebloed, my situasie (penarie) verander nie. Ek behoort net so gemaklik met my Europese "moeder", as enige slawe "moeder" te wees.
Niemand in Suid-Afrika het mikroskopiese oë nie. Hulle oordeel my op my sigbare wit velkleur, punt. Ek is en bly, vir die res van my natuurlike lewe, trots wit, as wie ook al `n probleem daarmee het, dan bly dit hulle probleem.