Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
Vat jou goed en trek Ferreira het ‘n baie mooi storie.
FERREIRA, wat sy goed gevat en getrek het, het ons almal aan die raai gehad oor wie hy was. Na amper `n eeu van spekulasie het mev. Marianne Jooste van
Orania hom opgespoor - in hul plaaslike biblioteek. Dit is moeilik om te beskryf watter verrassing dit vir my was, aangesien ons nog altyd gelees en
gesê het dat hy, net soos oom Daantjie en Dawid van die wortels, waarskynlik nie `n spesifieke persoon was nie. Mev. Jooste het die geskiedenis van
Ferreira in Die boerevrou-boek van 1950 ontdek (hoewel die oorspronklike verhaal in Die boervrou [sic] van Oktober 1926 verskyn het). Hier is die opgesomde weergawe:
Mev. Annie Molony was die skryfster van “Vat jou goed en trek, Ferreira.” Sy was die moeder van 20 kinders en was die eerste vrou wat saans by
feestelikhede in Johannesburg klavier gespeel het. Toe sy in Suid-Afrika aangekom het, was sy tuis by `n ryk boer in die distrik Somerset-Oos, `n
mnr. Van Aardt. Langsaan Van Aardt het `n Ferreira gewoon met die bynaam Hoepelbeen (sy een been was korter as die ander). Van Aardt het Ferreira se
plaas kontant gekoop, maar kon horn nie beweeg om die plaas te verlaat nie. Dit was later die grap van die buurt en `n verleentheid vir die nuwe
eienaar. Toe het Annie Molony en Ada van Aardt (dogter van die ryk boer) `n plan gemaak. Ada het die woorde van “Vat jou goed en trek, Ferreira geskryf”
en mev. Molony het dit getoonset. Toe nooi hulle die hele buurt na `n dansparty toe - en Ferreira was ook
daar. Mev. Molony het die liedjie gesing, en naderhand het almal saamgesing,
wel wetende waarop dit sinspeel. Hoepelbeen Ferreira is woedend by die dans weg. Die volgende dag was daar net stofwolke soos Ferreira besig was om op
te pak - gedwing deur die liedjie waarin sy naam verewig is. Die berig van 1926 is geskryf om die dood van mev. Molony aan te kondig. Taalkruie deur Anton Prinsloo. Volksblad 2 April 2004.