19 Julie 2008
TINUS HORN SE SINTUIGLIKE DEURBRAAK ...
Tinus maak of `n ietwat verwarrende uitlating, of breek nuwe grond in die studie van die sintuie as hy skryf: "Is jy blind? Hoor `n bietjie..." (Ekskuus?)
Nee, ek het nog nooit van Frik du Preez gehoor nie. Die swart-en-wit foto waar ek as `n klein seuntjie naas Frik en my pa staan, bestaan heel moontlik slegs in my verbeelding. Ek raai nou, maar het Frik du Preez miskien vir die Bolsjoi-ballet gedans?
Dan vra Tinus ook, verwysende na Jake White: "Met watter kwota werk hy?" Nee, jong, ou Tinus, ek hallusineer seker ook, soos met die foto, dat ek die volgende berig, as`t ware uit die perd se bek, raakgelees het, waarin Jake White self kwotas blameer .
Probeer maar weer, Tinus. Net een wenk: gebruik volgende keer liefs `n skuilnaam soos die ander lamsakkiges alhier wat so `n heilige vrees vir my sienings, die feite en die waarheid het.
Anton B
terug