SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    13 Augustus 2001

    SATERDAG BY OPPIKOPPI  ...

    Saterdagoggend 11-uur vat ek en vriend Marius die pad Fonteinedal toe, met ’n reusagtige joint wat ons in die motor kafgedraf het net voor die afrit op die M1 naby Pretoria. Danksy die puik organisasie is ons seepglad deur die hekke en in ’n gemaklike parkeerplek, vanwaar ons toe uitsit op die magiese staptog na die verhoogterrein. Magies, want die feesgangers was so fassinerend en gevarieërd, en die feesgees so positief, dat elke tree ’n nuwe wonder opgetower het. Diertjies met groen en pers hare, Mohawks, dreadlocks en net die mooistes oral waar jy kyk. Daar‘s niks fisies met die Afrikaner se genepoel verkeerd nie. Wow! Verby die tente aan die anderkantse ingang loop ons toe wragtag by Zoid en haar band verby toe hulle inkom, maar ons was so hoog op die dagga, die diertjies en die feesgees, dat ek nie ’n woord kon uitkry nie. ’n Stomme magiese moment.

    Ons eerste musikale belewenis was die eerste deel van die Slugs of War se optrede op die hoof-verhoog. ’n Vrouesanger het dit ingelei met die mooiste Keltiese lied wat by tye nes Dead Can Dance geklink het. Die volgende paar nommers van dié band met sy wortels in Skotse folk-musiek was ewe meesleurend — veral die “drone” element in hul klank. Ons het later skuiling teen die son gaan soek in ’n biertuin, want Slugs of War het “pub-songs” begin doen wat nie naastenby so goed soos die begin was nie.

    Toe‘s dit een-uur, Zoid-tyd! Daar was tussen 500 en 600 mense by die rock-verhoog toe Karen en haar band die instrumente opneem in ’n warrelwind-aanslag van opruiende ruk-en-rol. Zoid se verskyning, opgetof in ’n outydse kappie en lang rok, was die begin van groot joligheid — na die eerste song Whore het ’n sexy rock chick in ’n swart leer-uitrusting uit die oumatjie te voorskyn getree vir Afrikaners Is Plesierig, wat die gehoor in vervoering gehad het. Sy‘s nou sonder twyfel die hoë priesteres van SA rock, soos bewys deur die ongelooflike song Lekkerlag — ’n skitterende hoogtepunt. Tussen-in songs het sy wulps met die gehoor verkeer deur T-hemde en CD`s links en regs van die verhoog af te gooi terwyl sy spitsvondighede kwytraak.

    Piet Planter wat op daai stadium langs my gestaan het, was uitgeboul en het net gesê sy is sonder twyfel die queen of rock, terwyl Marius se kommentaar was: “Briljant by all means and by any measure.” Hy‘t bygevoeg dat hy dink sy die Benelux-lande maklik sal verower. Die gusto van haar optrede voer die puik material op haar album Poles Apart tot nuwe hoogtes, maar sy‘t ook heelwat nuwe materiaal gedoen, soos bv die ironiese song (Voor Die Kaggel, dink ek) wat die gehoor vreeslik laat lag het en waarvan die laaste strofe lui: “Dankie Amerika, was dit nie vir jou nie het ons nou nog hout gedra.”

    Sy‘t haar opwindende set afgesluit met die nommers Southern Skies, Karoo Anthem en Taxi — die vermaaklike etniese nommer met die skreeusnaakse gesprek tussen ’n swart taxibestuurder en ’n “white bitch” wat almal wild aan die dans gehad het. Die lede van die swart “metal band” Metal Orizon was voor in die koor!

    Anders as die “mindless” plesier wat die Rave-kultuur bied, is daar ’n substansie aan die Rock-dier wat duidelik gereflekteer is in die individualisme van die feesgangers — meestal denkende en ondersoekende jongmense. Die onskuldige ou gesiggies was vir my so mooi (gemiddelde ouderdom 20 tot vroeg 30) hoewel Marius my indruk van “onskuld” sterk betwyfel. Ek word sommer weemoedig as ek dink hoeveel van hierdie mooi gesiggies gaan, soos hulle ouer word, vertrek word deur belangrikheid, bekommernis, hebsug en geldgierigheid. Oppikoppi is duidelik die smeltkroes van ’n dinamiese identiteitsvormende skeppingsproses waaraan al die mooi diertjies lustig meedoen (Marius verseker my die wyfies is net so mooi as die mannetjies).

    Nadat Karen Zoid ons met Dionisiese oorgawe die toekoms van (Suid-) Afrikaanse rock gewys hert, het die gesofistikeerde nuanses van Laurinda Hofmeyr op die Folk-verhoog ons sinne toegeweef in ’n ryke tapisserie van poësie gerugsteun deur briljante tegniese vernuf en soepele interaksie tussen haar wonderlike musikante. Die smeulende Nina Swart met haar speelse sensualiteit, stemmingsvolle ondersteunende stem (en erotiese tattoeërmerk) was die perfekte teenpool vir die koel en grasieuse Laurinda. Marius, my geharde Angola-veteraan vriend, se kop was tussen sy knieë van skone aandoening tydens Perd Oor Die Maan — “Lei my weg, lei my weg,” het hy geprewel. Gistraand Om Dusketyd van Boerneef, was net so aangrypend:

    “Gistraand om dusketyd
    is ons twee uitmekaar vir goed
    en nou vanaand teen skemertyd
    net soos gistraand om dusketyd
    is dit vir my weer sukke tyd
    ons twee is uitmekaar vir goed
    wat doen ’n mens met sukke tyd
    en met gistraand om dusketyd.”

    Laurinda se gehoor van tussen 300 en 400 mense was oor die algemeen ’n bietjie ouer as Zoid s‘n, en duidelik almal “fans” van die Afrikaanse poësie. Maar daar was ook ’n groepie spulse jong outjies en hul meisies in die voorste ry. Die een mooi fris blonde outjie was so aangeklam dat hy nie besef het sy kortbroek trek oor sy boudjies af nie. Ek het NIE verder na sy oulike “cleavage” gekyk nie — nee, nooit, my oë was op die verhoog, waar Mark Renny gemeenskap gehad het met sy viool — op een stadium die snare gekielie het soos Jimi Hendrix met ’n kitaar gedoen het, terwyl Laurinda liefde maak met die klawerborde en die tromspeler en die mooi man op kitaar die omhelsing van Fanie Olivier se Seisoen perfek voltooi. Vir die luisteraars was dit inderdaad soos ’n seisoen in die paradys.

    Nog ’n hoogtepunt was natuurlik Jeanne Goosen se Ons Twee, waar die perkussie en die dartelende viool in ’n sjarmante improvisasie sterk bygedra het om die ateljee-weergawe van hierdie song na ’n nuwe dimensie te neem. Mens kon huil dit was so mooi:

    “soms sit ons in die groenste bome
    en as ons sing
    kom eet die voëls grassade uit ons hande

    ons is altyd bymekaar

    ons huil nooit nie
    ons twee
    huil nooit nie

    snags lê ons lywe inmekaar
    en ons vra nie vrae nie
    ons is mekaar se droefnis.”

    Laurinda skyn ’n lieflike lig op ons kosbare juwele in die literêre kamers van vergetelheid, en terselfdertyd in die mees verhewe deel van die Afrikaner se psige. Haar vertolkings laat gedigte uit die dood opstaan terwyl haar aura ’n oneindigheid van moontlikhede uitstraal. En Laurinda is BAIE mooier as die foto‘s op haar CD-omslag. “Baie, baie mooier,” het Marius my oor en oor verseker. Hierdie band se sprituele inslag kom met ’n knipoog en ’n skalkse glimlag.

    Toe Laurinda net Brendan Breytenbach se naam noem, was daar ’n spontane gejuig en applous uit die gehoor, gevolg deur ’n asemrowende atmosferiese rendisie van “Ek Wag In My Hart”. Ek wil graag hiermee vir Brendan Breytenbach verseker daar was soveel liefde vir hom en sy werk in Laurinda se uitvoering en in die kwaliteit-mense se waardering daarvan was, dat dit die sotlike situasie waar die sg “volk” hom kwansuis “uitgestem” het, totaal onbenullig maak. Dis tog eintlik ’n reuse kompliment on NIE onder die meerderheid morone getel te word nie! Die mense wat werklik tel omdat hul hart op die regte plek sit, sal jou en jou werk altyd liefhê. Jy hoef nie langer in jou hart te wag nie, ons is hier en ons was altyd hier. Ons stemme word net nie altyd gehoor nie.

    Is hierdie nie die Afrikaner se “soul” musiek nie? Deur haar werk open Laurinda die kanale na die lieflikste terreine van die Afrikaner se kollektiewe onderbewuste. Die sprituele atmosfeer maak haar vertolkings soos musikale gebede met ’n hedendaagse “funky” kwaliteit. Ter afsluiting was daar DJ Opperman wat so deur Laurinda bekendgestel is: “’n Gedig oor ’n papajaboom, waarin ’n vrou haarself in ’n papajabos verander sodat sy met haar man kan praat,” wat nogmaals die gehoor in vervoering gehad het.

    Hierna het die bisarste voorval plaasgevind. Die seremoniemeester het op die verhoog verskyn en die aangedane gehoor wreed uit hul semi-spirituele ekstase gepluk deur iets soos die volgende kwyt te raak: “Since you‘re lovers of Afrikaans poetry, here‘s an English poem to amuse you,” en voortgegaan om ’n banale limeriek te resiteer wat min of meer so eindig: “And flames came out of his arse.” Dit was erger as ’n klipharde poep in die kerk — totaal onverwags en heeltemal onvanpas, en het naakte vyandigheid by die gehoor uitgelok, soos onder meer vergestalt deur ’n spontane “Fuck off and die!” van my geskokte en moerige vriend Marius.

    Gelukkig het Laurinda en band daarop teruggekom om vir ons ’n sprankelende encore te gee van WEG Louw se Flenterkatiera, wat ’n hele garde diertjies voor die verhoog aan die dans gehad het. “Hierdie Hofmeyr-dogter het ’n magiese aanslag — sy is die kroonjuweel van die fees, van alle Afrikaanse kunstenaars,” was Marius se finale oordeel. Hy meen ook dat die suurgat-intelligensia en literatore groot baat daarby sal vind om ’n fees soos Oppikoppi by te woon.

    Toe ons nog verdwaas wegstap van die hartstogtelike ervaring, loop ons verby ’n kwaaitjie kabouter wat met groot verontwaardiging vir sy maatjie sê: “Look what the Motherfucker did to my T-shirt,” wat my weer aarde toe gebring het. (Daar was ’n paar geel kolle op sy T-hemp.)

    Ja-nee, Oppikoppi was ’n verrykende en verreikende ervaring gewees.

    Groete

    Piet Pompies

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.