SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    26 November 2005

    PLEIDOOI VIR ’N NEDERLANDSTALIGE BLOEMLESING  ...

    Oor die jare heen het daar in Suid-Afrika ’n hele aantal bloemlesings uit die Nederlandstalige poësie verskyn, veral met die oog op die voorskryfmark. Hierdie bloemlesings, wat deur Suid-Afrikaanse letterkundiges saamgestel is, het ons studente in staat gestel om met baie eeue van Nederlandstalige letterkunde kennis te maak. Vandag kan dit boeiend wees om ’n uitgebreide studie van hierdie bloemlesings te maak (soos wat H.P. van Coller en B.J. Odendaal ten opsigte van Afrikaanse bloemlesings gedoen het).

    Twee van my dosente aan die Universiteit van Pretoria, S. Strydom en H. Ohlhoff, was die samestellers van Van Middeleeue tot Goue Eeu (1976). In my eerste jaar het prof Strydom, ’n uitmuntende dosent, die boek met sy interessante literatuurgeskiedenis, illustrasies, woordverklarings, kommentaar en vrae ingewy. Maar self het hy nooit nodig gehad om in die boek te kyk wanneer hy ’n gedig met ons behandel nie! Hy het immers al die gedigte (’n fragment uit die Marialegende Beatrijs, “Heer Halewyn”, “Egidius”, “Maria die zoude naer Bethlehem gaen”, P.C. Hooft se “Galathea”, ens.) uit die kop geken en gevoelvol voorgedra. Vandag nog onthou geslagte studente prof Strydom met groot waardering en agting.

    Sedert Van Middeleeue tot Goue Eeu het daar na my wete ongelukkig geen nuwe bloemlesing uit die Nederlandstalige poësie in Suid-Afrika verskyn nie. Die kulturele boikot, die kleiner getal studente wat Afrikaans en Nederlands aan ons universiteite neem en die uitskakeling van ’n Nederlandse voorgeskrewe boek op skool het sekerlik baie hiermee te doen. Ek en Ad Zuiderent het met Ons klein en silwerige planeet: Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing (1997) wel gedigte van 35 hedendaagse Nederlandstalige digters opgeneem. My en Zuiderent se bloemlesing, waarin die drie tale in “eenheidsverband” aangebied word, het egter nie die behoefte aan ’n nuwe bloemlesing uit die Nederlandstalige poësie onnodig gemaak nie. Om ons die rykheid van die hedendaagse Nederlandstalige poësie te toon (waarvan veral Daniel Hugo ons iets in sy belangrike vertaalwerk wys), het ons ’n publikasie nodig wat ons breed met hierdie dinamiese poësie kan laat kennis maak. Suid-Afrikaanse bloemlesings met Nederlandstalige poësie (waarvan party nog in gebruik is soos stokou vliegtuie in derdewêreldlande!) het bowendien niks oor die digters wat ná die Vijftigers op die toneel verskyn het nie. Die normalisering van bande tussen Suid-Afrika en die Lae Lande het wel tot nuwe interaksie gelei, maar in Suid-Afrika het die geïnteresseerde leser steeds moeilik toegang tot die Nederlandstalige poësie. Waarom is ’n boeiende digter soos Hans Faverey (om net één voorbeeld te noem!) hier by ons so onbekend en is daar, na my wete, geen Afrikaanse digter wat al met hom “in gesprek getree” het nie?

    Johann Lodewyk Marais

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.