SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    19 Julie 2005

    VINNIGE WENKE VIR BRIEFSKRYWERS ...

    Hallo almal

    In Groot Verseboek 2000 dekonstrueer/herbedink André P Brink in sy "Vooraf gespeel" die wyse waarop DJ Opperman die kanon van die Afrikaanse poësie bepaal. Dis maar altyd ’n kontroversiële onderwerp – om “reëls” neer te lê. Sien dus asseblief hierdie brief oor spelling en grammatika as ’n versoek eerder as ’n “dis soos dit is”.

    Die briewe is baie, die spoeg spat soos die woorde heen en weer vlieg – en die foute vermenigvuldig. Weens die “literêre” aard van LitNet as ruimte word SêNet se briewe geproeflees. Help ons asseblief met hierdie taak. En in ons strewe na zero-defek.

    Die woord onmiddellik lyk so. Ons verkies weer eens as twee woorde, alhoewel die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2002) ook weereens toelaat. Ook al is egter twee woorde. Suid-Afrika kry ’n koppelteken. Baseer het net een s. Interessant word só gespel. Vir seker stem ek saam met Kleinboer. Ek moet erken dat dit nie onmoontlik is om die verskil tussen die woorde erken en herken te onderskei nie. Waardeur kan ek loop om mense dit op die hart te druk hoe ek dit sal waardeer as daar ‘n onderskeid tussen hierdie twee woorde gemaak word? Ook ’n herinnering aan hoe mens hierdie betrokke woord skryf. ’n Mens hoef darem nie oormatig intellektueel te wees om dié woord neer te skryf nie, of mens se intelligensie te laat toets nie. Bill Gates se manne praat duidelik nie Afrikaans as hulle telkens outomaties ’n aksentteken op die eerste e in idee plaas nie.

    Leestekens: Sinne kry punte aan die einde. Oorvereenvoudig word kommas geplaas op plekke waar mens asemskep in ’n sin, waar dit natuurlik val. Kommapunte word nie gebruik in plaas van kommas nie, maar eerder in plaas van woorde soos want, maar en en; sê maar as julle verskil. Daar is nie normaalweg spasies vóór punte, kommas, dubbelpunte, kommapunte, uitroeptekens en vraagtekens nie. ’n Ellips bestaan uit drie kolletjies en nie uit drie dosyn nie.

    Hoofletters en kleinletters: Sinne skop af met hoofletters. Soms kan dit krag aan ’n standpunt verleen om ’n woord wat normaalweg met ’n hoofletter geskryf word, met ’n kleinletter te skryf. Mens kan seker selfstandige naamwoorde (huis, stoel, tafel) met hoofletters skryf in die middel van ’n sin as mens voel dit hoort so in ’n betrokke brief, maar soos ek verstaan, is hierdie gewoonte eie aan Duits. Afrikaans Lyk Myns Insiens Eenvoudig Beter As Mens Hoofletters Nie Misbruik Nie. dit geld ook kleinletters.

    Die kombinasies ie en ei kan lol as mens se vingers struikel. (Die realitiet is natuurlik dat daar nog ’n paar sulke rakkers is – vra enigiemand met die naam Noami.)

    Ten einde ’n kappie op ’n e te plaas (sê nou maar soos vir die woord ), word die “alt”-knoppie (links onder op die toetsbord) ingehou en die syfers 1, 3 en 6 word uit die numeriese blok (dit wil sê die regterkantste lot syfers wat almal saamgegroepeer is, nie die rits syfers bo die ander letters op die toetsbord nie) geselekteer (ALT 136). (Maak seker dat NumLock geaktiveer is, anders gaan dit nie werk nie.) Vir ’n deelteken op ’n e, kies ALT 137. Om die e te beklemtoon (dié tipe beklemtoning), kies ALT 130. Die kode vir ’n kappie op ’n o (goeiemôre!) is ALT 147; vir ’n deelteken op i (soos in beïnvloed) is dit ALT 139.

    Hierdie spelwenke is geen drakoniese wetgewing wat op enigeen afdwing word nie. Trouens, ek wonner of julle opmerk dat hier allerhanne eienaardige spelwyses deurglip. Hermeneutiek is die sleutelwoord: as die briefskrywer dit só bedoel, gaan ek nie torring nie.

    Voorlopig baie dankie. Vertel my gerus wat julle hiervan dink.

    Ns En die bome op die trien anderdag was inderdaad ’n onaangename verassing.

    Groete

    Naomi

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.