SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    4 Januarie 2005

    IS CENTURION NOG AFRIKAANS? (VIR DAN ROODT EN ANDER) ...

    Die afgelope paar weke het ek my stee in die Laaste Buitepos verlaat en na baie hoeke van die land gereis. Engels pla my nie, maar af en toe is dit nodig om in plekke te wees waar jy net Afrikaans hoor. Dis soos ‘n inspuiting om te ontstres, al weet jy nie eens dat jy gestres was nie.

    So het ons plekke in die Wes- en Noord-Kaap en die Vrystaat besoek. En Centurion.

    In Centurion het ek weer bewus geraak van ‘n verskynsel wat my ‘n jaar of twee, drie al opval: in openbare plekke hoor jy feitlik net Engels.

    Ons het ‘n hele paar keer in Verwoerdburgstad se winkelsentrums gaan rondstap. "Mens sal nie sê dis ‘n Afrikaanse plek nie," het ek opgemerk, met Dan Roodt-hulle se kaart vir ‘n Afrikaanse hartland in gedagte.

    "Dis toeriste," probeer my jongste seun my troef, "kuiermense hang rond in winkelsentrums." "Hierdie toeriste," troef ek hom terug, en omsingel die oorvol parkeerterreine met ‘n swaai van die arm, "kom byna sonder uitsondering van GP af."

    As ek ‘n rowwe skatting moes maak, sou ek sê slegs een uit elke vyftig wit mense wat in die winkelsentrum rond geroes en gemoes het, het Afrikaans gepraat. ‘n Bruin gesin het met mekaar Afrikaans gepraat. ‘n Swart man en vrou het in Afrikaans staan en gesels. In Bugatti’s is Afrikaans vir wit kelners ‘n alien language.

    Nou ja, dis nie ‘n wetenskaplike opname nie. Maar op die ander plekke waar ek die vakansie was, het jy geen twyfel oor Afrikaansgeid gedurig om jou nie.

    Verstaan my mooi, ek is nie sinies oor Dan-hulle se idees nie. Ek het self geen beginselbeswaar teen die idee van groepselfbeskikking nie. Maar smaak my dat ek eerder my Afrikaanse tuisland sou wil hê iewers in die binneland van die voormalige Kaap Provinsie, waar jy nie met die hand agter die oor hoef te staan om Afrikaans te hoor nie.

    Sterkte aan almal vir die nuwe jaar.

    Swys

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.