Expat-uithangplekke! Expats,
LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad
“daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za,
en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier.
Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.
As hulle nie vir ons wil hê nie, wil hulle ook nie ons geld hê nie!
Is die algemene Afrikaanse verbruiker daarvan bewus dat maatskappye waar ons geld welkom is (soos Mutual en Federal-beurse) aan almal gee behalwe blankes en dat Toyota, wat meestal die blanke Afrikanermark teiken glad nie Afrikaanse motorhandleidings versprei nie? Word die motor dan nie hier vervaardig nie? Ek wil Afrikaanssprekendes, en in die besonder blankes, aanmoedig om nie dié tipe produkte/dienste te ondersteun nie. As hulle ons nie wil hê nie, wil hulle ons geld ook nie hê nie, of hoe?