SêNet - briewe van lesersArgief
  Uitvoerende redakteur: Etienne van Heerden
  SêNet-eindredakteur: Naomi Bruwer

Adres: Stuur briewe aan
Address: Send letters to
  webvoet@litnet.co.za
Woordbeperking / Word limit: 600
Google

Soek op OuLitNet
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vinnige wenke vir briefskrywers


"... ons strewe na zero-defek"



Poësie en Fiksie:
  • Stuur jou gedigte vir oorweging op PoësieNet aan: gedigte@litnet.co.za
  • Kortverhale vir NetFiksie aan: netfiksie@litnet.co.za
  • Send English poetry for consideration to: PoetryNet
  • Short stories for possible publication on NetFiction go to: netfiction@litnet.co.za
    Expat-uithangplekke!
    Expats, LitNet wil weet waar julle uithang. Stuur die naam van jou dorp of stad “daar in die vreemde” aan expatnet@litnet.co.za, en laat weet waar julle met ander Suid-Afrikaners kuier. Jy kan naamloos bydra, of jou naam noem en/of jou e-pos-adres aangee.



    Taalteleskoop
    Taalsekretariaat
  • (Mis)leading with words to corrupt democratic South Africa (17/08)
  • Spitsberaad oor Afrikaans in tersiêre onderrig (08/08)
  • Jaco Alant gesels oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie (27/07)

  • Besoek die Argief vir die volledige versameling briewe op SêNet.

    Briewe van:
    15 September 2006 - Tweede uitgawe
    18 September 2006
    19 September 2006














    5 Oktober 2004

    DIE ALEWIGE DEBAT OOR DIE TOEKOMS VAN AFRIKAANS ...

    Die ewigdurende debat oor die toekoms van Afrikaans is vir ons ou bokke nogal interessant. Dit gee ons ’n kans om nog slimmer te wees, om nog meer ‘belangrike’ teorieë uit te droom, en, natuurlik, om nog meer wyn te drink.

    Soos wanneer mens Aardklop toe gaan, want dan kan jy saam met die ander gryskoppe (ek is een van hulle) in die Boeke-Oase gaan sit en so akademies raak dat jy uiteindelik begin glo dat die taal ’n eksperiment is wat versigtig in ’n proefbuis bestudeer moet word en elke middag om presies 16:20 (wanneer al die amptenare huistoe gaan) in ’n donker kluis toegesluit moet word.

    Maar wanneer die eindelose retoriek vir dié wat nie verskonings nodig het om nog meer wyn te drink nie, heeltemal te veel word, is dit lekker om die toekoms van Afrikaans op die regte plekke te gaan soek: net so #146;n blok of wat van die Boeke-Oase af, in die New Castillions - ’n donker gerookte kroeg vol jong mense wat almal, sonder uitsondering, heeltemal te veel gedrink het en heeltemal te veel geraas maak.

    Hier kan jy lekker agteroor sit, gemaklik in die wete dat Afrikaans veilig in die hande van hierdie klomp useless, onverantwoordelike, langhare is. Die antwoord is baie makliker om te verstaan as om te beskryf. Hierdie mense – en hulle gaan nog op hierdie planeet rondhang lank nadat die meeste van ons bedreigdes ses voet onder die grond is – werk nie daaraan om Afrikaners te wees nie – hulle ís Afrikaners. Hulle bekommer hulle nie oor Afrikaans nie – hulle leef dit. Hulle besin nie oor die toekoms van die taal nie – hulle verseker dit net. Jannie, die lead vocalist van Bottervis, is ’n Koos Kombuis-fan, en hy sing baie van Koos se liedjies. As jy wil goosebumps kry, dan moet jy in hierdie kroeg gaan sit en luister hoe al die customers, elkeen van Koos Kombuis se songs, woord vir woord saamsing. As jy dán nog bekommerd oor die taal is, is dit omdat jy die antwoorde in die verkeerde woordeboek soek.

    Toe ek ’n klein seuntjie was, kon ek nie glo dat grootmense ook once upon a time kinders was nie. Noudat ek self aan die oud word is, kan ek dit weer nie verstaan nie. Ek onthou toe ek sestien was hoe vinnig ek my brein kon afdraai as ek net so ’n suspicion kry dat iemand besig is om met my te manipuleer. Daar was niks – dis nou soos in absoluut fokol – wat jy my kon vertel wat ek nie wou hoor nie.

    Die ouer (in albei sinne van die woord) garde het sowaar besluit dat hulle iets kan doen wat hulle ma’s nie met hulle kon regkry nie. As Afrikaans in die moeilikheid is, is dit omdat die puriste hul eie voorkeure in die volgende generasie se kele in wil afdruk. Net so min as wat jy die kinders kan oortuig dat hulle nie met drank, rook en seks moet eksperimenteer nie, net so min gaan jy hulle oortuig om die vervelige, ellelange geskrewes wat vir die korrelkoppe belangrik is, te lees.

    Het julle – dis nou die ‘bewaarders’ van die Afrikaanse taal – al vergeet wat met julle ouers gebeur het toe hulle julle probeer oortuig het dat jy eerder Beethoven as die Beatles moet luister? Het julle nie met julle ore teen julle portable radiotjies in die bed gelê en luister na LM Radio nie? En is dit nie wonderbaarlik hoeveel mense uiteindelik uit eie beweging na Beethoven begin luister het nie?

    Die toekoms van die taal is veilig – dit is net die toekoms van die taal soos wat julle daarop aandring wat in die moeilikheid is. Dit is menslik om dinge in die rigting te probeer dwing wat jy persoonlik verkies, maar as julle, wat julself as die “intelligentsia” beskou, die taal om ander redes behalwe persoonlike redes wil behou, dan moet julle bietjie julle act opskerp. Julle het ’n keuse. Dit is óf die Afrikaans wat die jongmense gebruik, óf geen Afrikaans nie. Think about it!

    Vincent Pienaar

    terug


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.