14 September 2004
AFRIKA SE MOOISTE TAAL ...
ons kom uit die Wilde Weste
ons te vestig in Afrika
ons bring uit die Ooste
onskuldige kinders van Allah
ons bedrieg die Khoi
wis uit die San
nomineer slawe volgens maand:
Aangekoop in September
nou sal ek nie vergeet
hoeveel maande jy hier bly
voor jy ernstig begin verlang
na die land van Blatjang en Piesang,
hoe seer jou stem as jy sing
in jou baas se taal
hoe hy jou vir jare nog
sy uitgawes met jou lewe laat betaal
dit vorm alles deel van ons taal
se bitter tragiese verhaal
die geweld van mens teen mens
wegneem van die liefde
die hunkering om n mooi taal te praat
nog beter as die van wie dit kom
gaan alles verlore as jy verloor
stom word soos die Afrikanerdom
aanhangers van kombuisslaafkreools
stukke Khoisan maakit n bietjie tsietsie
leer net een woord: Inkhululekho
ja, jy kan maar vrylik Yo!
lobola sal ons nog moet betaal
(die gelag los ons vir later)
vir ons eie Afrika-taal
om haar om haar eie onthalwe
uit haar bedremmelde verknorsing
(selfbejammerende naeltjiestaardery)
uit haar oujongnooi-verleentheid
sonder n groot bohaai
diplomaties daaruit te haal
liefdevol te be-aai
met respek nét so te naai
sodat vollyf amper-moeder-Afrikaans
adellik-selfvoldaan, kopregop-trots
soos n rooihakskeenslavin sal wys:
“Uiteindelik is ek ook nou oppie paal
vol verwagting op beter behandeling
deur my kind se pa
hier op die voet van Afrika”
Themba
terug