5 Augustus 2004
NOG OOR ANGLISISMES (VIR TIENS) ...
Jou brief is sommer baie interessant. Ek stem saam oor die wetenskap - my man bevind hom in die elektroniese ingenieurswese en is ’n groot voorstander van
Engelse terme, omdat dit universeel is en Afrikaanse vertalings nét nie sommige tegniese begrippe goed genoeg saamvat nie. Leenwoorde is fassinerend. Dis
altyd lekker om meer te weet oor die etimologie van ’n woord - dit maak mens se taalgebruik lekker skerp.
My ‘gripe’ is met die ver-Afrikaansing van Engelse woorde, om jou uitdrukking te gebruik. Nou sal geleerdes soos Joan Hambidge sê dat van dié woorde uit
Nederlands kom en nie Engels nie. Aangesien ek vreeslik onkundig is oor Afrikaans "terug tot in die sewentiende eeu" (het dit toe al bestaan?) gaan ek nie met haar en oorle’ professor Combrink se groot geleerdheid stry nie.
Uit ’n taalwetenskaplike oogpunt gesien, het beide Afrikaans en Engels uit ander tale ontwikkel. Is dit dan wenslik om Engelse opstelle deurspek met Duitse woorde te skryf, omdat Engels oorspronklik uit die Germaanse tale
ontwikkel het?
"The descriptive linguist does exactly what the term implies: instead of prescribing, she describes (vernacular) language use." Altwee menings (myne en die professors s’n) het dus eweveel bestaansreg.
Wat sê die ander mense?
Delilah
terug